Neville Alexander

Suid-Afrikaanse taal en anti-apartheisaktivis (1936-2021)

Neville Alexander (1936–2012) was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige, akademikus en oudstryder teen apartheid.[1] Hy het veeltaligheid bepleit en die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale voorgestaan. In 2008 is hy met die internasionale Linguapax-prys vir sy bydrae tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys bekroon.

Neville Alexander
Neville Alexander by die Wêreldkonferensie van Afrika-taalwetenskap in Keulen, 18 September 2009
Gebore
Neville Edward Alexander

22 Oktober 1936
Sterf27 Augustus 2012
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepTaalkundige, akademikus
Bekend virLinguapax-prys
Mandela se tronkmaat

Vroeë lewe

wysig

Alexander is op 22 Oktober 1936 in Cradock in die Oos-Kaap, Suid-Afrika gebore. Sy ouers was David James Alexander, 'n timmerman, en Dimbiti Bisho Alexander, 'n skoolonderwyser.[2] Sy moeder se ouma was 'n Ethiopiër wat deur die Britte van slawerny gered is.[3]

Hy word by die Holy Rosary Convent in Cradock geskool en matrikuleer in 1952. Daarna studeer hy ses jaar aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy 'n BA-graad in Duits en Geskiedenis verwerf (1955). Hy voltooi sy Honneurs in Duits 'n jaar later. Daarna doen hy 'n MA in Duits. Sy tesis is oor die Silesiese barokdramaturge Andreas Gryphius en Daniel Caspar von Lohenstein. In 1961 verwerf hy 'n PhD van die Universiteit van Tübingen met 'n verhandeling oor die stylverandering in die dramatiese werk van Gerhart Hauptmann.

Apartheidsjare

wysig

Teen 1957 was Alexander reeds geradikaliseer en 'n lid van die Cape Peninsula Students' Union, 'n affiliasie van The Non-European Unity Movement of South Africa.[4] Hy het by die African Peoples Democratic Union of Southern Africa (APDUSA) aangesluit wat in 1960 gestig is. Hy is egter in 1961 uit APDUSA geskors en saam met Dulcie September, Ottilie Abrahams en Andreas Shipinga, onder andere, 'n studiegroep van nege lede in Julie 1962, bekend as die Yu Chi Chan-klub (YCCC); Yu Chi Chan is die Chinese naam vir guerrilla-oorlogvoering, wat Mao Zedong gebruik het. Die YCCC het laat in 1962 ontbind en is vervang deur die Nasionale Bevrydingsfront, wat Alexander mede-stigter was in 1963. In 1964 is hy gearresteer en skuldig bevind aan sameswering om sabotasie te pleeg. Hy is vanaf 1964 tot 1974 op Robbeneiland aangehou.[5]

Ná Apartheid

wysig

In 2008 ontvang Alexander die Linguapax-prys. Die prys word jaarliks sedert 2000 toegeken vir bydraes tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys. Volgens die sitaat het hy meer as 20 jaar van sy beroepslewe gewy om meertaligheid in 'n post-Apartheid Suid-Afrika te bevorder en het hy een van die groot voorstanders van taalkundige diversiteit geword.[6]

Hy het in 2005 omstrede uitlatings gemaak en onder andere 'n deelnemer van die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch uitgejou met: "Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is."[7]

Hy was ook 'n voorstander vir die herstandaardisering van Afrikaans.

Alexander is op 27 Augustus 2012, op 75-jarige ouderdom, na 'n lang siekbed aan kanker oorlede.[8]

Publikasies

wysig

Sy boeke sluit in:

Verwysings

wysig
  1. Struggle vet Alexander dies The New Age, 28 April 2012
  2. "SA History – Neville Edward ALEXANDER" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2011. Besoek op 21 Februarie 2009.
  3. Sandra Rowoldt Shell (25 Augustus 2011). "How an Ethiopian slave became a South African teacher". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 24 Augustus 2012.
  4. "SA History – Dulcie Evonne September". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2009. Besoek op 21 Februarie 2009.
  5. "PBS Interview about Mandella" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2018. Besoek op 21 Februarie 2009.
  6. "Niamey Blog" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019. Besoek op 21 Februarie 2009.
  7. Die nalatenskap van Neville Alexander Geargiveer 15 Oktober 2012 op Wayback Machine, PRAAG, 29 Augustus 2012 (Skakel nie aktueel!)
  8. Notice of death of Neville Alexander

Eksterne skakels

wysig