Gaan na inhoud

Konstitusionele Hof van Suid-Afrika

Koördinate: 26°11′19″S 28°2′36″O / 26.18861°S 28.04333°O / -26.18861; 28.04333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika is die hoogste hof oor grondwetlike (of konstitusionele) sake. Dit was oorspronklik slegs vir grondwetlike aangeleenthede bedoel. Sedert die inwerkingtreding van die Wet op Hoër Howe van 2013 het die Konstitusionele Hof jurisdiksie gekry om enige aangeleentheid aan te hoor, mits dit in belang van geregtigheid is om dit te doen.

Gebou van die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg
Hofsaal van die Konstitusionele Hof
Voorkant van die Konstitusionele Hof
'n Ewige vlam brand op Konstitusieheuwel in Johannesburg, Suid-Afrika

Die hof is deur die Tussentydse Grondwet van 1993 daargestel. Die eerste sessie het in Februarie 1995 begin.[1] Daarna is dit ingevolge die Grondwet van 1996 voorgesit. Die hof is in die stad Johannesburg geleë, waar dit 'n doelgeboude kompleks op Konstitusieheuwel in Braamfontein beset. Die eerste hofsitting in die nuwe gebou is in Februarie 2004 gehou.

Die Konstitusionele Hof bestaan uit elf regters. Hierdie regters word deur die President van Suid-Afrika aangestel uit 'n lys wat deur die Regterlike Dienskommissie opgestel word. Die regters van die hof dien vir 'n termyn van twaalf jaar wat deur die parlement verleng kan word.

Die hof word deur die Hoofregter van Suid-Afrika en sy Adjunkhoofregter gelei. Die Grondwet vereis dat 'n aangeleentheid voor die hof deur minstens agt regters aangehoor moet word. In die praktyk hoor al elf regters bykans elke saak aan. Besluite word deur 'n meerderheid bereik en skriftelike redes word verskaf.

Huidige regters

[wysig | wysig bron]
Naam Gebore Aangestel deur Ouderdom by aanstelling Eerste dag/
lengte van diens
Verpligte aftrede Opsionele aftrede Vorige posisies Voorganger
Maya
Mandisa Maya
(Hoofregter)
20 Maart 1964 (1964-03-20) (60 jaar oud)
in Tsolo, Oos-Kaap
Cyril Ramaphosa 58 (Adjunkhoofregter)
60 (Hoofregter)
1 September 2022
2 jaar
20 Maart 2034 n.v.t. Oos-Kaapse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Mogoeng Mogoeng
Raymond Zondo (as Adjunkhoofregter en Hoofregter)
Mbuyiseli Madlanga 27 Maart 1962 (1962-03-27) (62 jaar oud)
in Mount Frere, Oos-Kaap
Jacob Zuma 51 1 Augustus 2013
11 jaar, 1 maand
1 Augustus 2028 n.v.t. Oos-Kaapse Afdeling Zak Yacoob
Nonkosi Mhlantla 2 Mei 1964 (1964-05-02) (60 jaar oud)
in Port Elizabeth, Oos-Kaap
Jacob Zuma 51 1 Desember 2015
8 jaar, 9 maande
1 Desember 2027 n.v.t. Oos-Kaapse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Thembile Skweyiya
Leona Theron 7 November 1966 (1966-11-07) (57 jaar oud)
in Durban, KwaZulu-Natal
Jacob Zuma 51 1 Julie 2017
7 jaar, 2 maande
1 Julie 2029 n.v.t. KwaZulu-Natalse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Johann van der Westhuizen
Steven Majiedt 18 Desember 1960 (1960-12-18) (63 jaar oud)
in Kenhardt, Gauteng
Cyril Ramaphosa 58 1 Oktober 2019
4 jaar, 11 maande
18 Desember 2030 n.v.t. Noord-Kaapse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Dikgang Moseneke
Zukisa Tshiqi 11 Januarie 1961 (1961-01-11) (63 jaar oud)
in Cefane, Ngcobo, Oos-Kaap
Cyril Ramaphosa 58 1 Oktober 2019
4 jaar, 11 maande
11 Januarie 2031 n.v.t. Suid-Gautengse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Bess Nkabinde
Jody Kollapen 19 Mei 1957 (1957-05-19) (67 jaar oud)
in Lady Selbourne, Pretoria, Gauteng
Cyril Ramaphosa 64 1 Januarie 2022
2 jaar, 8 maande
19 Mei 2027 n.v.t. Noord-Gautengse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Edwin Cameron
Rammaka Mathopo 28 Januarie 1963 (1963-01-28) (61 jaar oud)
in Gauteng
Cyril Ramaphosa 58 1 Januarie 2022
2 jaar, 8 maande
28 Januarie 2033 n.v.t. Suid-Gautengse Afdeling
Hoogste Hof van Appèl
Johan Froneman
Owen Rogers 22 Oktober 1958 (1958-10-22) (65 jaar oud)
in Kaapstad, Wes-Kaap
Cyril Ramaphosa 63 1 Augustus 2022
2 jaar, 1 maand
22 Oktober 2028 n.v.t. Wes-Kaapse Afdeling
Mededingingsappèlhof
Chris Jafta

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

26°11′19″S 28°2′36″O / 26.18861°S 28.04333°O / -26.18861; 28.04333