Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
'n Geostasionêre wentelbaan, ook bekend as 'n geosinchrone ewenaarwentelbaan, is 'n sirkelvormige sinchroniese wentelbaan 35 786 km bo die Aarde se ewenaar, en 42 164 km van die Aarde se middelpunt af. Dit volg die rigting van die Aarde se rotasie. Die omwentelingsperiode van 'n voorwerp in sodanige wentelbaan is net so lank as die Aarde se rotasieperiode, naamlik een sideriese dag. Vir waarnemers wat op die grond staan, lyk dit asof die satelliet bewegingloos in 'n vaste posisie in die lug bly hang. Die konsep van 'n geostasionêre wentelbaan is in die 1940's deur die wetenskapsfiksieskrywer Arthur C. Clarke gewild gemaak as 'n manier om telekommunikasie te rewolusioneer en die eerste satelliet van sy soort is in 1963 gelanseer. Kommunikasiesatelliete word meestal in 'n geostasionêre wentelbaan geplaas sodat die aardstasie se paraboolantennes nie geroteer hoef te word om die satelliet te volg nie. Stasies se antennes kan dus deurentyd direk op die satelliet gerig word; waar dit ook al oor die ewenaar hang. Weersatelliete word ook in 'n geostasionêre wentelbaan geparkeer vir intydse monitering en dataversameling. Navigasiesatelliete word ook hier geparkeer om 'n bekende, gekalibreerde punt en meer akkurate GPS-inligting te verskaf. Geostasionêre satelliete word gelanseer en dan, via 'n tydelike parkeerwentelbaan, reg bokant 'n reeds bepaalde landmerk van die ewenaar geposisioneer. Gedurende die satelliet se operasionele lewensduurte word klein aanpassings na behoewe gedoen om dit in posisie te hou. Moderne satelliete wat aan diens onttrek word, word hoër verplaas na sogenaamde begraafplaaswentelbane om botsings te vermy.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Wes-Kaapprovinsie drie amptelike tale het? Die amptelike tale van die provinsie is Afrikaans, Engels en Xhosa en die 1998-grondwet is in al drie tale beskikbaar. Volgens die 2011-sensus praat 49,7% van die bevolking Afrikaans, gevolg deur Xhosa (24,7%) en Engels (20,2%). ... dat regeringstroepe in Grenoble in Frankryk op die vooraand van die Franse Rewolusie met dakteëls bestook is? Dit het in 1788 in die sogenaamde "Dae van die Dakteëls" plaasgevind. ... dat Suid-Afrika Finland in 1939 bygestaan het in die Winteroorlog? Verskeie lande het Finland bygestaan en Suid-Afrika het 29 Gloster Gauntlet-vliegtuie geskenk.... dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim. ... dat daar reeds in 1951 aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal begin werk is? Dit is die grootste woordeboek wat Afrikaanse woorde beskryf en is steeds nie voltooi nie.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|