Gaan na inhoud

Vlag van Bonaire

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Puvircho (besprekings | bydraes) op 11:53, 5 Januarie 2013 (Nuwe blad: {{Inligtingskas Vlag | Naam = Bonaire | Artikel = | Beeld = Flag of Bonaire.svg | Beeldgrootte = 210px | Geen_grens = | Bynaam = | Ander_byname = ...)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Vlag van Bonaire
Vlag van Bonaire
Vlag van Bonaire
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag Burgerlike en staatsvlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 11 Desember 1981[1]
Ontwerp ’n Geel driehoek in die skildhoek en ’n blou driehoek aan die wapperkant, geskei deur ’n breë wit diagonale baan waarin ’n rooi sespuntige ster binne ’n swart kompas is.

Die vlag van Bonaire is op 11 Desember 1981 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is ’n geel driehoek in die skildhoek en ’n blou driehoek aan die wapperkant, geskei deur ’n breë wit diagonale baan waarin ’n rooi sespuntige ster binne ’n swart kompas is.

Die Amerikaanse vlagdeskundige Whitney Smith het die riglyne gegee tydens die ontwerp van die vlag.

Simboliek

Die kompas stel die seelui en vissers van Bonaire voor. Die vier gelyksydige driehoeke wat die punte van die kompas uitmaak stel die gelykheid van alle mense uit die noorde, ooste, suide en westen voor. Die sespuntige rooi ster is opgebou uit twee gelyksydige driehoeke en verteenwoordig die oorspronkelijke ses dorpies op Bonaire (Playa, Kiniboko, Tera Korá, Antriol, Nort Saliña en Rincon). Die rooi kleur stel die bloed en oorlewingskrag van die Bonairese samelewing voor.

Die geel driehoek stel die son en die blommeprag van die eiland voor omdat die meeste inheemse Bonairese blomme geel van kleur is (soos die Kibrahacha, die Anglo en die kaktusblomme). Die wit stel vrede en internasionalisme voor. Die blou stel die see en die groot golwe voor. Die blou gedeelte is ook ’n herdenking aan die moedige Bonairese mense wat gesterf het tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Eksterne skakels

  • (en) Bonaire by Flags of the World.

Verwysings

  1. (en) "Bonaire (Karibbiese Nederland)". Flags of the World. Besoek op 5 Januarie 2013. {{cite web}}: Italic or bold markup not allowed in: |publisher= (hulp)