Gaan na inhoud

Rankplant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur BurgertB (besprekings | bydraes) op 22:15, 22 Februarie 2015 (Nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
’n Muur wat deur ’n klimop bedek is.
’n Hegrank.

’n Rankplant is ’n plant wat teen strukture uitklim met behulp van hegranke of stingels. Hulle word ook klimplante of kruipplante genoem.

Groeivorms

Sommige rank- of kruipplante kan as dekplante gebruik word as daar nie ’n struktuur is om teen op te groei nie.[1] Ander sal teen mure, rotse of heinings opgroei om so hoog as moontlik te klim waar dit die maksimum sonlig kan kry.

Die evolusie van ’n rankgedrag was ’n sleutelfaktor in die sukses van sekere soorte plante.[2] Dit het afsonderlik in verskeie plantfamilies ontwikkel deur middel van verskeie rankmetodes,[3] soos:

  • die draai van stingels om ’n struktuur
  • met behulp van hegranke wat om strukture krul
  • met behulp van suiers wat aan oppervlakke vasklou
  • deur dorings of ander haakuitgroeisels

Die meeste rankplante is blomplante. Hulle groei vinnig en is dus ’n aanwins vir tuine. Hulle kan teen mure, heinings en ander strukture opgelei word en kan oor ander plante groei om die tuin voller te laat lyk. Kunsmatige raamwerke kan ook gebruik word. Sommige plante rank self, terwyl ander hulp nodig het soos om aan iets vasgebind te word.

Verwysings

  1. "Creepers". mannuthynursery. Besoek op 17 Julie 2013.
  2. Gianoli, Ernesto (2004). "Evolution of a climbing habit promotes diversification in flowering plants". Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences. 271 (1552): 2011–2015. doi:10.1098/rspb.2004.2827. PMC 1691831.
  3. Francis E. Putz. "Vine Ecology". Besoek op 1 Maart 2012.

Eksterne skakels