Gaan na inhoud

Pynappelvesel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur AFM (besprekings | bydraes) op 16:15, 10 September 2024 (Nuwe bladsy geskep met ''''Pynappelvesel''' (ook bekend as '''piňa''') word verkry uit die blare van die pynappelplant en verwerk tot ‘n duursame weefstof. ==Verwerking== Die blare word geskraap, gewas en dan saamgeknoop, waarna die vesels tot ‘n garedraad van buitengewone sterkte gespin word. Sekere spesies pynappels met langer blare en growwer vesels is meer geskik vir hierdie proses. Omdat hierdie ontveseling ‘n arbeidsintensiewe proses is, word dit teenswoordig meesal masjinaal...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Pynappelvesel (ook bekend as piňa) word verkry uit die blare van die pynappelplant en verwerk tot ‘n duursame weefstof.

Verwerking

Die blare word geskraap, gewas en dan saamgeknoop, waarna die vesels tot ‘n garedraad van buitengewone sterkte gespin word. Sekere spesies pynappels met langer blare en growwer vesels is meer geskik vir hierdie proses. Omdat hierdie ontveseling ‘n arbeidsintensiewe proses is, word dit teenswoordig meesal masjinaal gedoen. Die gare lewer ‘n tekstiel van hoë gehalte, want dit is sterk en tog sag, duursaam, lig en lugdeurlatend, glansend maar deurskynend met die voorkoms van linne en sy. Daarom is dit uitstekend geskik vir gebruik in tropiese gebiede. Een van die vernaamste voordele van hierdie vesel is die volhoubaarheid. Pynappels groei vinnig, verg weinig aandag en die blare van een pynappelplant kan verskeie male geoes word.

Gebruik

Hierdie unieke duur materiaal kan gebruik word vir klerasie, skoene, handsakke, tafeldoeke, gordyne, mandjies en hoede sowel as in die vervaardiging van vilt, papier en kunsleer. Dit voel sag aan die lyf en het ‘n natuurlike weerstand teen bakterieë en is dus goed geskik vir mense wat sensitief is vir vesels van leer en wol. Klerasie word egter meesal van ‘n mengsel van hierdie vesel en katoen gemaak. Dan is die stof meer soepel, effens growwer as van suiwer katoen en nie meer deuskynend nie. Produkte van pynappelvesels kan gewas word in ‘n wasmasjien en tuimeldroër.

Geskiedenis

Reeds sedert die 17de eeu word pynappelvesels in die Filippyne benut. Daaarna was dit ook bekend in Maleisië en Taiwan. Vanuit die Filippyne is die materiaal na Spanje uitgevoer en het dit in die Westerse wêreld bekend geword.

Bibliografie

  • alibaba.com/showroom/pineapple-fiber-yarn.htm/
  • ananas-anam.com/pinayarn
  • panublix.com
  • patents.google.com/patent/CN102733024A/en
  • www.konakiat.com/the-pineapple-fiber-and-innovative-textile-choice/