Gaan na inhoud

Toronto Blue Jays

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Toronto Blue Jays (noemnaam The Jays of soms die Bluebirds) is 'n Kanadese professionele bofbalspan wat uit Toronto, Kanada uit speel. Die Blue Jays is die enigste Kanadese span wat meeding in Hoofligabofbal. Die span is 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Oostelike Divisie (AL-Oos). Die span speel sedert 1989 sy tuiswedstryde by Rogers Centre in die middestad van Toronto.

Die naam "Blue Jays" kom van die Blougaai, wat inheems is aan die ooste van Noord-Amerika. Blou is ook die tradisionele kleur van Toronto se Kollege- en professionele sportspanne, insluitend die Maple Leafs (yshokkie) en die Argonauts (Kanadese voetbal). In 1976 het 154 mense uit die meer as 4 000 voorstelle die naam "Blue Jays" gekies.[1] Die span is bygevolg oorspronklik besit deur Labatt Brewing Company, brouers van die gewilde bier Labatt Blue. Die Blue Jays se amptelike kleure is koningsblou, vlootblou, rooi en wit.

Die klub is 'n uitbreidingsfranchise en is in 1977 in Toronto gestig. Die Blue Jays was oorspronklik gebaseer by Exhibition Stadium, maar het hul tuiswedstryde tydens die opening van die SkyDome in 1989 aldaar begin speel. Die Blue Jays is die tweede MLB-franchise wat buite die Verenigde State gebaseer is, en tans die enigste span wat buite die VSA gebaseer is, ná die eerste Kanadese franchise, die Montreal Expos, in 2005 die Washington Nationals geword het. Die Blue Jays word sedert 2000 besit deur Rogers Communications, en in 2004 is SkyDome deur die maatskappy gekoop, wat dit na Rogers Centre herdoop het. Die Blue Jays en die Atlanta Braves[2] is die enigste twee MLB-spanne onder korporatiewe eienaarskap; die Blue Jays is die enigste Amerikaanse Liga-span wat onder sulke eienaarskap is.

In die laat 1970's en vroeë 1980's het die Blue Jays 'n stryd deurgemaak wat tipies is van uitbreidingspanne en gereeld laaste in hul divisie geëindig. In 1983 het hulle hul eerste wenseisoen gehad en twee jaar later het hulle divisiekampioene geword. Van 1985 tot 1993 was die Blue Jays oorheersend in die AL-Oos-Divisie en het hulle vyf divisiekampioenskappe in nege seisoene gewen, insluitend drie opeenvolgend, vanaf 1991 tot 1993. In hierdie tyd was die span ook agtereenvolgens Wêreldreeks-kampioene, in 1992 en 1993, gelei deur 'n kerngroep bekroonde "All-Star"-spelers soos Roberto Alomar (opgeneem in die Bofbal-heldesaal), Joe Carter, John Olerud en Devon White. Die Blue Jays het die eerste (en tot dusver enigste) span buite die VSA geword wat in 'n Wêreldreeks verskyn het en suksesvol was, asook die vinnigste AL-uitbreidingspan om so te maak (Die Jays het die Wêreldreeks in sy 16de bestaansjaar gewen). Met ingang 2019 is hulle een van slegs twee MLB-franchises wat onoorwonne is in verskeie Wêreldreeks-verskynings, saam met die Nasionale Liga se Miami Marlins. Na 1993 kon die Blue Jays vir 21 agtereenvolgende seisoene nie vir die uitspeelrondes kwalifiseer nie, totdat hulle 'n uitspeelplek en divisiekampioenskap in 2015 beklink het. Die span het 'n tweede agtereenvolgende uitspeelplek in die 2016-seisoen beklink, nadat hulle 'n AL-"wildcard"-plek beklink het. In albei jare het die Blue Jays die Texas Rangers in die Amerikaanse Liga se Divisiereeks geklop, maar die Amerikaanse Liga se Kampioenskapsreeks verloor. Mees onlangs het hulle gekwalifiseer vir die uitspeelrondtes as 'n "wildcard"-span in 2020, 2022 en 2023.

Die Blue Jays het van 1977 tot 2023 'n algehele wen-verloor-gelykop rekord van 3,687 wedstryde gewen, 3,700 wedstryde verloor en 3 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .499).[3][4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Matheson, Keegan (21 Desember 2020). "Here's how the Blue Jays got their name". BlueJays.com. MLB Advanced Media. Besoek op 18 Julie 2021.
  2. Die Atlanta Braves word besit deur Liberty Media.
  3. "Toronto Blue Jays Team History & Encyclopedia". Baseball Reference. Sports Reference LLC. Besoek op 13 Oktober 2022.
  4. "Jansen speel vir albei spanne in een wedstryd". Maroela Media. 27 Augustus 2024. Besoek op 1 September 2024.
Sommige teks is gekopieer via die GFDL by BR Bullpen article on the 2009 Blue Jays

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]