Gaan na inhoud

Eutuchios Proklos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Proklos)

Eutuchios Proklos (Grieks: Εὐτύχιος Πρόκλος), of Tuticius Proculus in sommige tekste, was ’n taalkundige wat in die 2de eeu n.C. floreer het. Hy was een van die twee Latynse onderwysers van Markus Aurelius.[1][2] Hy was van die stad Sicca Veneria in Noord-Afrika (die hedendaagse El Kef in Tunisië).[3]

Hy is moontlik die Proklos wat deur Trebellius Pollio genoem word as die geleerdste grammatikus van sy tyd.[4] Vir sy werk saam met die keiser het hy later die rang senator gekry, asook konsul,[5][6] hoewel dit nie duidelik is in watter jaar hy konsul was nie. Hy het finansiële hulp van Aurelius gevra om die finansiële las van sy loopbaan as senator te verlig; daaruit kan afgelei word hy is nie in ’n ryk of aristokratiese familie gebore nie.[7]

Sy identiteit

[wysig | wysig bron]

Sy skrywes is nou verlore, hoewel daar ’n (moontlik fiktiewe) werk is wat soms aan hom toegeskryf word met die titel De peregrinis regionibus.[8] Dit is waarskynlik weens die verwarring oor sy identiteit.

Sommige geleerdes van die 19de eeu het geglo hy is die skrywer van ’n Chrestomatie, wat een van die belangrikste bronne oor die Epiese Siklus is.[9] Die meeste moderne geleerdes dink egter dit is nie so nie, omdat dit ’n Griekse werk is en Proklos ’n kenner van Latyn was.[10]

Die grootste deel van die verwarring oor sy naam is weens ’n historiese bron deur die Italiaanse historikus Raffaello Maffei van die 15de en 16de eeu. Maffei identifiseer die 5de-eeuse Platoniese filosoof Proklos as "Tuticius Proculus", hoewel die twee mans drie eeue uitmekaar gelewe het, en sê dit is die filosoof wat Aurelius se onderwyser was. Die werk bevat ook ander foute, byvoorbeeld oor werk wat aan hom toegeskryf word, en baie latere skrywers het soortgelyke foute begaan geskoei op Maffei se werk.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Jul. Capit. Vit. Ant. c. 2.
  2. van Ackeren, Marcel (2012). A Companion to Marcus Aurelius. Blackwell Companions to the Ancient World (in Engels). Vol. 96. Wiley-Blackwell. p. 141. ISBN 9781405192859. Besoek op 21 Februarie 2016.
  3. 3,0 3,1 Goulding, Robert (2010). Defending Hypatia: Ramus, Savile, and the Renaissance Rediscovery of Mathematical History (in Engels). Springer Science & Business Media. pp. 164–167. ISBN 9789048135424. Besoek op 21 Februarie 2016.
  4. Pollio Aemil. Tyr.
  5. Fabric. Bibl. Graec. ix.365.
  6. Birley, Anthony R. (2012). Marcus Aurelius: A Biography. Roman Imperial Biographies (in Engels). Routledge. p. 40. ISBN 9781134695690. Besoek op 21 Februarie 2016.
  7. Saller, Richard P. (2002). Personal Patronage Under the Early Empire (in Engels). Cambridge University Press. pp. 44, 63, 184. ISBN 9780521893923. Besoek op 21 Februarie 2016.
  8. Gatti, Paolo (2016). "Eutychius Proculus". Brill's New Pauly. ISBN 9789004122598. URL besoek op 2016-02-21. 
  9. Sien bv. D.B. Monro 1883, "On the fragment of Proclus' abstract of the Epic Cycle contained in the Codex Venetus of the Iliad", Journal of Hellenic Studies 4: 305-334.
  10. Sandys, John Edwin (1921). A History of Classical Scholarship (in Engels). Vol. 1 (3 uitg.). Cambridge University Press. p. 379. Besoek op 21 Februarie 2016.

Skakels

[wysig | wysig bron]