Michael Andreas Gielen (20 Julie 1927 – 8 Maart 2019) was 'n Oostenrykse dirigent en komponis wat 'n voorstander was van kontemporêre musiek in opera en konsertstukke.

Michael Gielen
Gielen in 1965
Gebore
Michael Andreas Gielen

(1927-07-20)20 Julie 1927
Sterf08 Maart 2019 (2019-03-08) (5 jaar oud)
Mondsee, Oostenryk
Beroep
  • Dirigent
  • Komponis
Organisasie
  • Koninklike Sweedse Opera
  • Oper Frankfurt
  • Suidwestelike Duitse Radio-simfonieorkes

Hy het in Argentinië grootgeword, en aanvanklik in Wene gewerk waarna hy Generalmusikdirektor (GMD) van die Koninklike Sweedse Opera was. Hy het noemenswaardige wêreldpremiéres opgevoer soos György Ligeti se Requièm, Karlheinz Stockhausen se Carré, en Bernd Alois Zimmermann se opera Die Soldaten en sy Requiem für einen jungen Dichter. Hy het vanaf 1977 tot 1987 aan die hoof gestaan van die Oper Frankfurt, waar hy kontemporêre operas opgevoer het en operas soos Schreker se Die Gezeichneten laat herleef het. Gedurende die tydperk het die operageselskap een van die voorste operageselskappe geword.

Gielen was ook hoofdirigent van die Belgiese Nasionale Simfonieorkes (1969–1973), die Cincinnati Simfonieorkes (1980–1986) en die Suidwestelike Duitse Radio-simfonieorkes gewees (1986–1999). As komponis het hy gewerk in die tradisie van die Tweede Weense Skool, en dikwels moderne literatuur getoonset. Baie van sy werke is die eerste keer uitgevoer saam met kunstenaars soos Joan Carroll, Siegfried Palm, Aloys Kontarsky en die LaSalle Kwartet.

Komposisies

wysig

Gielen het in 1946 begin komponeer, en het voortgegaan om regdeur sy loopbaan as dirigent te bly komponeer.[1] Hy was beïnvloed deur die tradisie van die Tweede Weense Skool, en sy klein oeuvre sluit toonsettings van gedigte deur Hans Arp, Paul Claudel, Stefan George, en Pablo Neruda in.[2] Sy Die Glocken sind auf falscher Spur ná Hans Arp is die eerste keer in 1970 opgevoer, met die sopraan Joan Carroll, die tjellis Siegfried Palm, die pianiste Aloys Kontarsky, Wilhelm Bruck, Christoph Caskel, met die komponis as dirigent tydens die Saarländischer Rundfunk-fees, "Musik im 20.Jahrhundert"[3][2] Sy strykkwartet, Un vieux souvenir, ná Baudelaire se Les Fleurs du mal, in 1983 gekomponeer, is die eerste keer in 1985 in Cincinnati deur die LaSalle Kwartet opgevoer.[2]

Sy komposisie word gelys deur die Akademie der Künste:[4]

  • 1946 Vioolsonate
  • 1948 Der Einsame vir bas en klavier, na Friedrich Nietzsche
  • 1949 Variations vir strykkwartet
  • 1950 Korale variasies op "Christus der uns selig macht"
  • 1954 Musik 1954 vir baritoon, strykinstrumente, klavier, piano, keteltrom en tromboon
  • 1959 Variationen für 40 Instrumente, vier gedigte deur Stefan George vir koor en orkes
  • 1960–1963 Pentaphonie "Un dia sobresale" – "Ein Tag tritt hervor"Pablo Neruda
  • 1967–1969 die Glocken sind auf falscher Spur, Melodramen und Zwischenspiele nach Gedichten von Hans Arp
  • 1971–1974 Mitbestimmungsmodell, vir orkes en dirigent
  • 1976 Einige Schwierigkeiten bei der Überwindung der Angst, vir orkes
  • 1983 Un vieux souvenir, strykkwartet
  • 1988 Pflicht und Neigung vir blaasinstrumente, perkussie en klawerbordinstrumente
  • 1989 Rückblick vir drie tjellos
  • 1991 Sonate vir solotjello
  • 2001 Klavierstück in sieben Sätzen

Pryse

wysig
  • 1985: Hessiese Kulturele Prys[5]
  • 1986: Theodor W. Adorno-prys[2]
  • 1999: Frankfurter Musikpreis[5]
  • 2006: Duisburger Musikpreis[5]
  • 2010: Ernst von Siemens Musiekprys[2][6]
  • Junie 2010: Großes Verdienstkreuz mit Stern[4]

Verwysings

wysig
  1. Brachmann, Jan (9 Maart 2019). "Zum Tod von Michael Gielen / Der Vision eines Elysiums verweigerte er sich" (in Duits). Frankfurter Allgemeine Zeitung. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 9 Maart 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Maurer Zenck, Claudia (2014). "Michael Gielen". Lexikon verfolgter Musiker und Musikerinnen der NS-Zeit. Hamburg: Universität Hamburg. 
  3. "die glocken sind auf falscher spur". Breitkopf & Härtel (in Duits). Wiesbaden. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2015. Besoek op 9 Maart 2019.
  4. 4,0 4,1 "Michael Gielen". Akademie der Künste (in Duits). Berlin. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 9 Maart 2019.
  5. 5,0 5,1 5,2 Boisits, Barbara (2019). "Gielen, Michael Andreas". Oesterreichisches Musiklexikon aanlyn.  
  6. Peters, Rainer (2010). "The Ernst von Siemens Music Prize-Winner Michael Gielen". Ernst von Siemens Musikstiftung. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 12 Augustus 2010.

Bronne

wysig

Literatuur

wysig
  • Michael Gielen: Unbedingt Musik. Erinnerungen. Insel, Frankfurt am Main 2005; ISBN 3-458-17272-6.
  • Michael Gielen, Paul Fiebig: Mahler im Gespräch. Die zehn Sinfonien. Metzler, Stuttgart 2002; ISBN 3-476-01933-0.

Eksterne skakels

wysig
Kulturele poste
Voorafgegaan deur
André Cluytens
Musiekdirekteur, Belgiese Nasionale Simfonieorkes
1969–1971
Opgevolg deur
André Vandernoot
Voorafgegaan deur
Kazimierz Kord
Hoofdirigent,

Suidwestelike Duitse Radio-simfonieorkes
1986–1999

Opgevolg deur
Sylvain Cambreling