Gaan na inhoud

AFC

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Rooiratel (besprekings | bydraes) op 09:41, 22 Mei 2024 (→‎Presidente: Interne skakel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
AFC
Kenteken van die AFC
Kenteken van die AFC
Engelse naam Asian Football Confederation
Arabiese naam الاتحاد الآسيوي لكرة القدم
Vasteland Asië
Sportsoorte Sokker
Gestig op 7 Mei 1954
Gestig in Manila, Filippyne
President Salman bin Ibrahim Al Khalifa
Adjunkpresidente Saoud Al-Mohannadi
Ganbaatar Amgalanbaatar
Faisal Saleh Hayat
Mehdi Taj
Zaw Zaw
Sekretaris-generaal Windsor John
Sambreelorganisasie FIFA
Konfederasies AFF, CAFA, EAFF, SAFF, WAFF
Setel Kuala Lumpur, Maleisië
Lede 47
Amptelike tale Arabies en Engels
Amptelike webwerf the-afc.com

AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC.

Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigtingslid van die OFC geword.

Lidlande

[wysig | wysig bron]
Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidstate van AFC in pienk
Kaart van die lidlande

Presidente

[wysig | wysig bron]
Salman Al-Khalifa, die huidige president van die AFC
Presidentskap President Van Tot Nasionaliteit
1 Lo Man Kam 1954 1954 Vlag van Hongkong Hongkong
2 Kwok Chan 1954 1956 Vlag van Hongkong Hongkong
3 William Sui Tak Louey 1956 1957 Vlag van Hongkong Hongkong
4 Chan Nam Cheong 1957 1958 Vlag van Hongkong Hongkong
5 Tunku Abdul Rahman 1958 1976 Vlag van Maleisië Maleisië
6 Kambiz Atabay 1976 1978 Vlag van Iran Iran
7 Hamzah Abu Samah 1978 1994 Vlag van Maleisië Maleisië
8 Ahmad Shah 1994 2002 Vlag van Maleisië Maleisië
9 Mohamed bin Hammam 2002 2011 Vlag van Katar Katar
10 Zhang Jilong 2011 2013 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
11 Salman Al-Khalifa 2013 hede Vlag van Bahrein Bahrein

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]