Gaan na inhoud

Trias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Triassic)
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Jura Vroeg Hettangium jonger
Trias Laat Rhaetium 201,3–208,5
Norium 208,5–~228
Karnium ~228–~235
Middel Ladinium ~235–~242
Anisium ~242–247,2
Vroeg Olenekium 247,2–251,2
Indusium 251,2–252,2
Perm Lopingium Changhsingium ouer
Die verdeling van die Trias (IKS).

Die Trias is die eerste geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Paleosoïese Era, die Perm, sowat 250 miljoen jaar gelede tot die begin van die Jura sowat 200 miljoen jaar gelede. Dit is ook die eerste chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.

Beide die begin en einde van dié periode word gekenmerk deur groot uitwissings. Die Trias is in 1834 so genoem deur Friedrich von Alberti, na aanleiding van die drie duidelik onderskeibare rotslae wat dwarsdeur Duitsland en Noordwes-Europa voorkom – rooi sandsteen, kalksteen en moddersteen, wat die "Trias" genoem word.[1]

Die Trias het begin net ná die Perm-Trias-uitwissing, wat die Aarde se biosfeer uitgeput gelaat het; dit sou tot omtrent die helfte van die periode duur om die vorige diversiteit te herstel. Therapsida en Archosauria was die twee belangrikste gewerweldes in dié tyd. ’n Subgroep van die Archosauria, die dinosourusse, het in die Laat Trias vir die eerste keer hul verskyning gemaak, maar het nie oorheers tot die daaropvolgende Jurassiese Periode nie.[2] Die eerste ware soogdiere, ’n subgroep van die Therapsida, het ook in dié periode ontwikkel, asook die eerste vlieënde gewerweldes, die pterosourusse, wat nes die dinosourusse ’n subgroep van die Archosauria was. Die groot kontinent Pangaea het tot in die middel van die Trias bestaan, waarna dit in twee landmassas verdeel het, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide.

Die klimaat in die Trias was hoofsaaklik warm en droog,[3] met woestyne oor ’n groot deel van Pangaea. Die klimaat het egter vogtiger geraak namate Pangaea uiteengedryf het. Die einde van die periode word weer eens gekenmerk deur ’n groot katastrofe, die Trias-Jura-uitwissing, waarin baie groepe uitgewis is. Hierna kon die dinosourusse die Jura-periode oorheers.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Friedrich von Alberti, Beitrag zu einer Monographie des bunten Sandsteins, Muschelkalks und Keupers, und die Verbindung dieser Gebilde zu einer Formation [Contribution to a monograph on the colored sandstone, shell limestone and mudstone, and the joining of these structures into one formation] (Stuttgart en Tübingen, (Duitsland): J.G. Cotta, 1834).
  2. Brusatte, S. L. (12 September 2008). "Superiority, Competition, and Opportunism in the Evolutionary Radiation of Dinosaurs" (PDF). Science. 321 (5895): 1485–1488. Bibcode:2008Sci...321.1485B. doi:10.1126/science.1161833. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Junie 2014. Besoek op 14 Januarie 2012. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  3. "Lethally Hot" Earth Was Devoid of Life—Could It Happen Again?

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Proterosoïkum Fanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum   Paleosoïese Era Mesosoïese Era Kainosoïese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwartêr