Kaapse tongvis
Voorkoms
Kaapse tongvis | |
---|---|
Kaapse tongvis by Windmill Beach. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. capensis
|
Binomiale naam | |
Heteromycteris capensis Kaup 1858
|
Die Kaapse tongvis (Heteromycteris capensis) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor aan die wes- en suidkus tot by die Transkei. In Engels staan die vis bekend as Cape Sole.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is klein en bruin met donker kolle op. Die vis het geen borsvinne nie terwyl die rug- en anale vinne nie deel van die stertvin is nie. Dit is 'n bodembewoner wat in vlak sanderige water voorkom. Daar is drie dowwe kolle op die sylyn. Die vis word 15 cm groot.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in vlak water en die onvolwasse vissies kom voor in strandmere.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7