Gaan na inhoud

Kabinet van Cyril Ramaphosa, Junie 2024

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kabinet van Suid-Afrika
Derde kabinet van Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa
President (party):
Cyril Ramaphosa (ANC)
Periode:
1 Julie 2024 – tans
Republiek van Suid-Afrika

Die Derde Kabinet van Cyril Ramaphosa is kort na die verkiesing van Ramaphosa tot 'n tweede volle termyn as President van Suid-Afrika na die algemene verkiesing van 2024 saamgestel. Sy party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing verloor en is tot 'n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies word as president van Suid-Afrika. Dit is die eerste keer dat die ANC sedert die einde van apartheid in 1994 sonder 'n volstrekte meerderheid moet regeer.[1][2]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing is op 29 Mei 2024 gehou om lede van 'n nuwe Nasionale Vergadering te verkies.[3][4]

Steun vir die regerende ANC-party het in die verkiesing aansienlik afgeneem; die ANC het die grootste party gebly, maar sy parlementêre meerderheid verloor wat hy sedert die eerste post-apartheidsverkiesing in 1994 gehad het. Die sentristiese Demokratiese Alliansie (DA) het in die tweede plek gebly met 'n effense toename in steun. uMkhonto we Sizwe (MK), 'n linkse populistiese party wat 6 maande voor die verkiesing gestig is en gelei word deur oudpresident Jacob Zuma, was in die derde plek.[5]

Op 14 Junie 2024 het die ANC, DA, IVP en PA ooreengekom om 'n nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat deur die 28ste Parlement van Suid-Afrika as president van Suid-Afrika herkies is.[6]

As gevolg van die voorgestelde nasionale eenheidsregering, het sleutelposte in die kabinet aansienlik verander as deel van die koalisieproses.[7][8] Ramaphosa is op 19 Junie vir 'n tweede volle termyn ingehuldig, en sy nuwe kabinet is uiteindelik op 30 Junie aankondig.[9] Die president het aangekondig dat vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis het elf politieke partye saamgekom om 'n regering van nasionale eenheid (RNE) te vorm. Die betrokke partye sluit in die African National Congress, Demokratiese Alliansie, Patriotic Alliance, Inkatha Vryheidsparty, Good Party, Pan Africanist Congress of Azania, Vryheidsfront Plus, United Democratic Movement, Al Jama-ah, Rise Mzansi, en die United Africans Transformation.[10]

Kabinetsministers

[wysig | wysig bron]
Legende
Legende
African National Congress
Demokratiese Alliansie
Good party
Inkatha-Vryheidsparty
Pan Africanist Congress of Azania
Patriotic Alliance
Vryheidsfront Plus
Pos Minister[11] Termyn Party
President van Suid-Afrika Sy Eksellensie Cyril Ramaphosa 2018 huidig ANC
Adjunkpresident van Suid-Afrika Sy Eksellensie Paul Mashatile 2023
huidig ANC
Minister in die Presidensie Die agb. Khumbudzo Ntshavheni 2023 ANC
Minister in die Presidensie vir Vroue,
die jeug en persone met gestremdhede
Die agb. Sindisiwe Chikunga 2024 ANC
Minister van Basiese Onderwys Die agb. Siviwe Gwarube LP 2024 DA
Minister vir Beplanning, Monitering en Evaluasie Die agb. Maropene Ramokgopa 2023 ANC
Minister van Binnelandse Sake Die agb. Leon Schreiber LP 2024 DA
Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing Die agb. Dion George LP 2024 DA
Minister vir Elektrisiteit en Energie Die agb. Kgosientso Ramokgopa LP 2023 ANC
Minister van Finansies Die agb. Enoch Godongwana LP 2021 ANC
Minister van Gesondheid Die agb. Aaron Motsoaledi LP 2024 ANC
Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Die agb. Mzwanele Nyhontso LP 2024 PAC
Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging Die agb. Parks Tau LP 2024 ANC
Minister van Hoër Onderwys Die agb. Nobuhle Nkabane LP 2024 ANC
Minister van Indiensneming en Arbeid Die agb. Nomakhosazana Meth LP 2024 ANC
Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Die agb. Ronald Lamola LP 2024 ANC
Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling Die agb. Thembi Nkadimeng LP 2024 ANC
Minister van Kleinsake-ontwikkeling Die agb. Stella Ndabeni-Abrahams 2021 ANC
Minister van Kommunikasie en digitale tegnologieë Die agb. Solly Malatsi LP 2024 DA
Minister van Korrektiewe Dienste Die agb. Pieter Groenewald LP 2024 VF+
Minister van Landbou Die agb. John Steenhuisen LP 2024 DA
Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Die agb. Sisisi Tolashe LP 2024 ANC
Minister van Menslike Nedersettings Die agb. Mmamoloko Kubayi LP 2024 ANC
Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne Die agb. Gwede Mantashe LP 2024 ANC
Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur Die agb. Dean Macpherson LP 2024 DA
Minister van Polisie Die agb. Senzo Mchunu LP 2024 ANC
Minister van Samewerkende Regering
en Tradisionele Aangeleenthede
Die agb. Velenkosini Hlabisa LP 2024 IVP
Minister van Sport, Kuns en Kultuur Die agb. Gayton McKenzie LP 2024 PA
Minister van Staatsdiens en -administrasie Die agb. Mzamo Buthelezi LP 2024 IVP
Minister van Toerisme Die agb. Patricia de Lille LP 2023 GOOD
Minister van Verdediging en Militêre Veterane Die agb. Angie Motshekga LP 2024 ANC
Minister van Vervoer Die agb. Barbara Creecy LP 2024 ANC
Minister van Water en Sanitasie Die agb. Pemmy Majodina LP 2024 ANC
Minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering Die agb. Blade Nzimande LP 2024 SAKP

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Besoek op 14 Junie 2024.
  2. "South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president". Reuters. 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
  3. "South Africa to hold general election on May 29". Al Jazeera (in Engels). 20 Februarie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2024. Besoek op 29 Februarie 2024.
  4. "South Africa to hold elections on May 29". Aa.com.tr. 21 Februarie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2024. Besoek op 29 Februarie 2024.
  5. "2024 ELECTIONS: eNCA Project ANC Will Take 45% Of National Vote". eNCA. 30 Mei 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2024. Besoek op 30 Mei 2024.
  6. Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Besoek op 14 Junie 2024.
  7. "South Africa's ANC moves closer to forming coalition government". France 24 (in Engels). 14 Junie 2024. Besoek op 15 Junie 2024.
  8. "South African President Ramaphosa set for re-election as DA gives backing". Al Jazeera (in Engels). Besoek op 15 Junie 2024.
  9. "Cyril Ramaphosa reelected as South African president". dw.com (in Engels). Besoek op 15 Junie 2024.
  10. https://www.goodthingsguy.com/business/a-gnu-dawn-meet-south-africas-new-cabinet/
  11. "RNE: Só lyk die nuwe kabinet". Maroela Media. 30 Junie 2024. Besoek op 1 Julie 2024.
Voorafgegaan deur
Ramaphosa II
3de Kabinet van Cyril Ramaphosa

Junie 2024 - tans
Opgevolg deur
dienend