Gaan na inhoud

Meccano

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die model van 'n stoomlokomotief wat met Meccano gebou is.

Meccano is die handelsnaam van 'n modelboustelsel wat in 1898 deur Frank Hornby in Liverpool, Engeland, geskep is. Dit bestaan uit herbruikbare metaalstroke, plate, wiele, asse en ratte, asook plastiekdele wat daaraan vasgemaak kan word deur middel van boute en moere. Daardeur kan werkende modelle en meganiese toestelle gebou word.

In 1913 is 'n baie soortgelyke boustel onder die handelsnaam Erector bekend gestel. In 1990 het Meccano Erector gekoop en sy teenwoordigheid wêreldwyd gevestig. In 2013 is Meccano deur die Kanadese speelgoedmaatskappy Spin Master gekoop.[1] Meccano het tot in 2023 'n vervaardigingsaanleg in Calais, Frankryk, gehad.[2]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Meccano is uitgevind deur die Engelsman Frank Hornby en is in 1901 gepatenteer. In die begin is die stelsel "Mechanics Made Easy" genoem. In 1907 is Meccano geregistreer as 'n handelsmerk ​​in Engeland en in 1912 in Duitsland. Meccano het 'n baie gewilde speelding oor die grootste deel van die wêreld geword, en is ook wyd nageboots.

In 2013 het Spin Master van Kanada Meccano gekoop[1] en dié speelgoedmaatskappy is nou die vervaardiger.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Strauss, Marina (13 Augustus 2013). "Spin Master acquires iconic Meccano in bid to take on Lego". Globe & Mail. Besoek op 25 Februarie 2014.
  2. Roger Marriott (2012) Meccano, Shire Books, Colchester, UK ISBN 978-1-78200-113-3

Skakels

[wysig | wysig bron]