Portaal:Vlae en wapens/Simbole
Voorkoms
’n Vlagterminologiese simbool word deur vlagterminoloë gebruik om sekere fasette van nasionale vlae aan te dui, soos bv. waar dit gebruik word, wie dit gebruik en hoe die vlag lyk. Die stel simbole wat in hierdie artikel gebruik word staan bekend as internasionale vlagidentifikasiesimbole, en is naamlik deur Whitney Smith opgestel.
Sommige lande gebruik ’n enkele ontwerp wat dien as nasionale vlag in alle gebruikskontekste; ander lande gebruik veelvuldige vlae wat dien as die nasionale vlag, afhangende van die konteks, bv. deur wie, en waar die nasionale vlag vertoon word. Die ses basiese gebruikskontekste (en moontlike variante van ’n nasionale vlag) is:
burgerlike vlag – Gebruik deur landsburgers op land
staatsvlag – Gebruik op openbare geboue
oorlogsvlag – Gebruik op militêre geboue
burgerlike vaandel – Gebruik op privaatvaartuie (visserskepe, seiljagte, ens.).
staatsvaandel – Gebruik op onbewapende staatsvaartuie
oorlogsvaandel – Gebruik op oorlogskepe
Die normale of de jure weergawe van vlag, of die voorkant daarvan
’n Voormalige ontwerpvoorstel wat nooit amptelik aanvaar is nie
’n Gerekonstrueerde ontwerp, gebaseer op waarnemings uit die verlede
Agterkant van die vlag
Aanvaarbare variant van die vlagontwerp
Alternatiewe weergawe van die vlag
De facto weergawe van die vlag
Vlag toon verskillende ontwerpe op die voor- en agterkant
Voorkant van die vlag moet só gehys word dat die vlagpaal aan die toeskouer se regterkant is
Ontwerp is amptelik gemagtig deur die regering van ’n nasie om daardie nasie te verteenwoordig
Ontwerp is in die verlede gebruik, maar is nou laat vaar (hierdie simbool is nie deel van Smith se oorspronklike stel nie)
Agterkant is ’n spieëlbeeld van die voorkant
Agterkant is ooreenkomstig met die voorkant
Inligting op die agterkant is nie beskikbaar nie
Vlag kan vertikaal gehang word deur dit op ’n gewone paal te hys en die paal dan negentig grade te draai
Vlag kan vertikaal gehang word indien die ontwerp eers gedraai word
Vertikale hysmetode van die vlag is onbekend
Ontwerp het geen element wat geroteer kan word nie
Vlag kan slegs vertikaal gehys words, of kan só gehys word as aanduiding van leed (bv. wanneer ’n hooggeplaaste persoon oorlede is).