Gaan na inhoud

Ragnarök (TV-reeks)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ragnarök

Synnøve Macody Lund vertolk die rol van Ran, die plaaslike skoolhoof en "ma" van die Jutul-gesin.
Genre Fantasie
Drama
Superheldfiksie[1][2]
Geskep deur Adam Price
Geskryf deur
  • Adam Price
  • Simen Alsvik
  • Marietta von Hausswolff von Baumgarten
  • Christian Gamst Miller-Harris
  • Jacob Katz Hansen
Geregisseer deur
  • Mogens Hagedorn
  • Jannik Johansen
  • Mads Kamp Thulstrup
Met
Temamusiekkomponis Halfdan E
Oorsprong
  • Noorweë
  • Denemarke
Taal Engels
(oorspronklik Noors)
Aantal seisoene 3
Aantal episodes 18
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Adam Price
  • Meta Louise Foldager Sørensen
Vervaardiger(s) Stine Meldgaard Madsen
Venue(s) Odda, Noorweë
Produksiemaatskappy SAM Productions
Uitsending
Oorspronklike lopie 31 Januarie 2020 (2020-01-31) – 24 Augustus 2023 (2023-08-24)

Ragnarök is 'n Noorse fantasiedramareeks vir televisie geskoei op die Noorse mitologie.[3] Dit is vir Netflix vervaardig en speel op die fiktiewe, moderne dorp Edda af[4] wat geraak word deur klimaatsverandering en nywerheidsbesoedeling wat veroorsaak word deur die fabrieke van die plaaslike Jutul-gesin. Die Jutuls is in werklikheid vier jötnar (bonatuurlike wesens, wat verkeerdelik as "reuse" vertaal word) wat hulle as 'n gesin voordoen.[4] Hulle word teengegaan deur Magne, 'n tienerseun wat uitvind hy is die reïnkarnasie van die Noorse god van donderweer, Thor. Hy begin veg teen die dié wat die dorp vernietig nadat sy vriendin onder geheimsinnige omstandighede gesterf het. In die tweede seisoen sluit ander verpersoonlikings van Noorse gode by hom aan.

Die reeks se première was in Januarie 2020, en die tweede seisoen is in Mei 2021 uitgereik. Dit is Netflix se derde Noorse TV-reeks, ná Home for Christmas en Lilyhammer. Die vervaardiger is die Deense vervaardigingsmaatskappy SAM Productions.

In November 2021 het Herman Tømmeraas, wat die rol van Fjor vertolk, bevestig dat die reeks vir 'n derde en finale seisoen gaan terugkeer. Die derde seisoen is op 24 Augustus 2023 uitgereik.[5]

Rolverdeling

[wysig | wysig bron]

Hoofkarakters

[wysig | wysig bron]
  • David Stakston is Magne Seier, wat as 'n hoërskoolleerling saam met sy ma en broer na Edda terugkeer. Hy is die reïnkarnasie van die god van donderweer, Thor.
  • Jonas Strand Gravli is Laurits Seier, Magne se jonger halfbroer en Vidar se seun. Hy is die reïnkarnasie van Loki, die god van streke.
  • Herman Tømmeraas is Fjor, die "seun" van die Jutul-gesin en van hoërskoolouderdom.
  • Theresa Frostad Eggesbø is Saxa, die hoërskool-"dogter" van die Jutul-gesin.
  • Emma Bones is Gry, op wie Magne en Fjor verlief is.
  • Henriette Steenstrup is Turid Seier, Magne en Laurits se ma.
  • Synnøve Macody Lund is Ran, die hoof van die hoërskool en "ma" van die Jutul-gesin.
  • Gísli Örn Garðarsson is Vidar, hoof- uitvoerende beampte van Jutul Industries, die "pa" van die Jutul-gesin en Laurits se biologiese pa.

Byspelers

[wysig | wysig bron]
  • Ylva Bjørkaas Thedin is Magne se vriendin Isolde Eidsvoll.
  • Odd-Magnus Williamson is Erik Eidsvoll, 'n onderwyser, die pa van Isolde en later die stiefpa van Magne en Laurits.
  • Bjørn Sundquist is Wotan Wagner, 'n bejaarde en gestremde man. Die reïnkarnasie van Odin, god van wysheid en koning van die gode.
  • Eli Anne Linnestad is Wenche, 'n supermarkkassiere, en eintlik 'n siener. Sy wek Magne, Iman en Wotan se mag op.
  • Danu Sunth is Iman Reza, 'n nuwe leerling. Die reïnkarnasie van Freyja, godin van liefde.
  • Benjamin Helstad is Harry Kristersen, 'n motorwerktuigkundige en bokser. Die reïnkarnasie van Týr, god van oorlog.
  • Vebjørn Enger is Jens, wat Wotan later verander in Baldr, god van die lig.

Verhaal

[wysig | wysig bron]

Bederwerswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.


Seisoen 1 (2020)

[wysig | wysig bron]
Episode 1: New Boy

Magne, Laurits en Turid keer terug na die Noorweegse dorp Edda nadat hulle weggetrek het ná die dood van die seuns se pa. Toe hule in die dorp inry, word hulle teruggehou deur 'n bejaarde man, Wotan, in 'n mobiele karretjie. Magne klim uit om Wotan te help en word deur 'n bejaarde vrou, Wenche, genader. Sy sê vir hom hy is 'n goeie seun en seën hom deur aan sy voorkop te raak. 'n Verandering flikker deur sy oë. Die broers woon die plaaslike skool by. Die lomp Magne bevriend die groenaktivis Isolde, wat sê die plaaslike besoedeling is die Jutuls se skuld. Vidar hou in die berge stil. Hy trek uit, bekruip 'n takbok, skeur sy hart uit en eet dit. Magne kyk met afgryse hoe Isolde van die berg of valskermsweef, in kragdade beland en sterf.

Episode 2: 541 Meters

Magne gooi sy pa se hamer deur die lug. Dit trek 1,5 km ver en vernietig die voorruit van Vidar se motor. Turid herken die hamer uit nuusberigte en blameer Magne. Studente rou oor Isolde se dood. Magne vermoed dit was nie 'n ongeluk nie. Wenche vertel vir Turid haar seun se heldereis het begin. Magne koop 'n ander hamer en gooi dit 541 meter ver. Laurits dra sy ma se stylvolle hemp na 'n skooldans. Vidar erken teenoor Ran dat hy Isolde vermoor het. Hy soek na haar selfoon: Dit bevat foto's van Jutul Industries se onwettige afvalstorting. Vreemde dinge gebeur op die dans. Fjor sit rockmusiek op en dit affekteer die Jutuls. Ran neem twee skoolseuns eenkant vir seks. Fjor en Saxa dans op 'n vreemde manier. Laurits sien hoe Fjor op Isolde se gedenkteken urineer. Dit beland op Instagram. Vidar slaan Fjor wreed omdat sy urinering 'n belediging vir Vidar se werk is. Gry, wat die nag daar deurbring, sien hoe Fjor geslaan word. Toe die Seiers van Isolde se begrafnis af kom, is hulle huis geplunder.

Episode 3: Jutulheim

Die Seier-seuns kontronteer 'n dwelmslaaf oor Laurits se oorfone wat gesteel is. Dié sê iemand anders het die huis geplunder en dat Vidal se motor daar gestaan het. Magne vertel vir Sindre van sy frustrasie met die polisieondersoek en dat hy dink Vidal was betrokke. Sindre vertel vir Ran, wat dit vir Vidar vertel. Erik, Isolde se pa, gee haar rekenaar vir Magne. Magne konfronteer die polisie oor ongerymdhede met Isolde se dood. Later kyk Magne hoe vinnig hy kan hardloop: 100 meter in sewe sekondes. Vidar vermoor die dwelmslaaf en sien hoe 'n sneeuskraper Magne tref. Hy vertel vir die ander Jutuls dat Magne dood is. By die skool is Saxa verstom toe sy vir Magne sien en hy niks makeer nie. Magne en Laurits word genooi om by die Jutuls se huis, Jutulheim, te gaan eet. Alkohol het geen uitwerking op Magne nie, totdat hy heuningbier drink. Hy druk arm met Ran, sien hoe sy werklik lyk en verloor. Magnes kyk in die spieël en sien 'n bebaarde, bebloede vegter.

Episode 4: Ginnungagap

Magne sit Isolde se werk voort deur die Jutuls se aandeel in Edda se waterbesoedeling te ondersoek. Hy leer meer oor sy eie vermoëns. Turid en Erik begin 'n verhouding. Beide Magne en Fjor hou van Gry, maar sy erken sy is verlief of Fjor, hoewel sy baie van Magne hou. Toe Magne sien hoe Vidal takbokvleis opsny, besef hy die bloed ruik nes dié aan Isolde se baadjie ten tyde van haar dood. Magne lei af Vidal was betrokke by haar dood en waarsku Vidar dat hy nie daarmee sal wegkom nie. Toe Magne vir Fjor en Gry volg, stuur Vidar sy helhond, Thrym, om Magne dood te maak. Magne maak egter eindelik vir Thrym dood. Toe Gry die Jultuls se huis besoek, merk sy iets vreemds in die familiealbum op: Daar is eeue oue foto's wat wys die Jutuls het deur die jare fisiek onveranderd gebly.

Episode 5: Atomic Number 48

Die Jutuls sweer saam om Magne te straf omdat hy Thrym doodgemaak het, al was dit uit selfverdediging. Toe Magne beplan om 'n essay oor Jutul Industries te skryf, word hy met 'n vergadering verras waarop Ran, Sindre, Erik en Turid ook is. Hy word gedwing om Isolde se rekenaar vir Erik terug te gee, maar Erik oorhandig in privaatheid haar selfoon aan Magne wat Erik op die berg gekry het. Magne kom af op inkriminerende foto's van Jutul Industries se waterbesoedeling. Hy gaan met die berg op en kry 2 500 vate in 'n grot wat pas oopgespoel het. Dit bevat toksiese afval, insluitende kadmium (element 48) wat in Edda se watertoevoer insypel. Magne rapporteer dit aan die polisie. Toe die polisie op die toneel aankom, is al die vate egter weg. Ran skors Magne uit die skool weens sy ontwrigtende gedrag. Hy moet intussen sielkundige waardering en behandeling ondergaan.

Episode 6: Yes, We Love This Country

'n Psigiater wat deur die Jutuls aangestel is, diagnoseer Magne verkeerdelik met skisofrenie. Hy weier om die medisyne te drink en Turid kritiseer hom oor sy gedrag jeens die Jutuls. Fjor probeer Gry se gesin help. Die Jutuls sê hy moet haar vermoor. Eendag los Magne vate met toksiese afval by die polisiekantoor. Die polisie begin 'n ondersoek ondanks die Jutuls se dreigemente. Magne volg Fjor en Gry na 'n verlate pakhuis. Fjor begin Gry aanval, maar Magne red haar. Vidar kom daar aan, identifiseer Magne as Thor en val hom aan. Magne word amper deur Vidal oorrompel, maar roep weerlig op en rig dit op Vidar. Magne word deur die weerlig beseer, maar oorleef. Op 'n skoolgeleentheid lewer Laurits, wat soos Ran aangetrek is, 'n pretensieuse toespraak voor die hele dorp en vertel vir hulle hoe die Jutuls hulle uitbuit, al is Noorweë 'n demokrasie.

Seisoen 2 (2021)

[wysig | wysig bron]

Episode 1: Brothers in Arms Die res volg

Seisoen 3 (2023)

[wysig | wysig bron]
Episode 1-6

Nadat vrede tussen die reuse en gode gesluit is, neem Saxa die maatskappy oor. Magne slaag sy finale eksamen. Laurits en Jens trek saam in. Later lyk dit of Jens met 'n pyl geskiet word, maar net Magne sien dit blykbaar.

Dit laat Ragnarök begin. In die vegtonele, met oorlegsels van tonele uit Magne se strokiesboek van “Thor", maai die reuse en gode mekaar een vir een af. Op die ou end blyk dit die geveg het net in Magne se verbeelding afgespeel, geïnspireer deur die strokiesboek en veroorsaak deur sy pa se tragiese dood.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Best Superhero Shows on Netflix Right Now". Collider. 17 Julie 2021.
  2. "Netflix's best new superhero show will change the way you think about Marvel". 27 Mei 2021.
  3. Thorvik, Hannah Bull (28 Januarie 2020). "Anmeldelse: «Ragnarok» på Netflix | Like dårlig som det høres ut" [Review: "Ragnarok" on Netflix | As Bad as it Sounds]. Dagbladet (in Noors). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 1 Oktober 2023.
  4. 4,0 4,1 Nilsen, Morten Ståle (30 Januarie 2020). "TV-serieanmeldelse | <<Ragnarok>>: Norrønt nonsens" [TV series review | "Ragnarok": Norse Nonsense]. Verdens Gang (in Noors). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 1 Oktober 2023.
  5. Moore, Kasey (15 Junie 2023). "'Ragnarok' Season 3 Sets August 2023 Netflix Release Date". What's on Netflix (in Engels). Besoek op 15 Junie 2023.

Skakels

[wysig | wysig bron]