Sengwarivier
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sengwarivier | |
---|---|
Die Sengwarivier in Zimabwe | |
Die stroomgebied van die Sengwarivier (in rooi). | |
Oorsprong | Mafungabusi-plato, 30 km suidoos van Gokwe, Midlands (Zimbabwe) |
Monding | Karibadam, op die grens tussen Zambië en Zimbabwe Zambezirivier |
Stroomgebied | Zimbabwe |
Lengte | 300 km |
Oorspronghoogte | 1 290 m |
Mondinghoogte | 490 m |
Gemiddelde afloop | 0 l/s |
Stroomgebiedopp. | 10 000 km² |
Kaart van die Sengwarivier-bekken in Afrika.
|
Die Sengwarivier, 'n sytak van van Zambezirivier, is 'n omaramba in Zimbabwe.
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Die rivier ontspring op die Mafungabusi-plato, 30 km suidoos van Gokwe in die Midlands (provinsie), op 1 290 m bo seespieël. Dit is by 18° 25′ suid en 29° 4′ oos.
Loop
[wysig | wysig bron]Die rivier is ongeveer 300 km lank. Vir die eerste 100 km loop dit direk wes tot by Sengwabrug. Daar draai dit noord, verby Sengwa Gorge, deur die Chirisa-safarigebied, verby die dorpie Sengwa op die oosgrens van die Chizarira Nasionale Park en deur die Mapangola-heuwels. Net oos van die dorp Mujere loop die rivier op 490 m bo seevlak in die Sengwameer, 'n deel van die Karibadam.
In die suide vorm die rivier die grens tussen die provinsies Matabeleland-Noord (aan die westekant) en Midlands en verder noord tot by sy monding tussen Matabeleland-Noord en Masjonaland-Wes. Die rivier vloei teenswoordig slegs in uitsonderlike goeie reënjare. In die enkele standhoudende brakkerige poele wemel dit van die krokodille (Crocodylus niloticus).
Sytakke
[wysig | wysig bron]Die Sengwarivier het slegs twee beduidende sytakke, naamlik die Busirivier en die Lutoperivier. Beide sluit uit die suidweste aan. Die Sengwa se totale opvanggebied is naastenby 10 000 km².
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- researchgate.net
- Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973. ISBN 0-625-00325-X