Sy
![](http://178.128.105.246/cars-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2e/Silk_raw_01a.jpg/180px-Silk_raw_01a.jpg)
Sy is ’n proteïendraad, waarvan sommige soorte geweef kan word om materiaal te maak. Die sydraad bestaan hoofsaaklik uit fibroïen en word deur sekere insekte se larwes vervaardig om kokonne te maak.[1] Die beste bekende sy word verkry van die kokonne van die larwes van die moerbeisywurm, Bombyx mori. Die blink voorkoms van sy is vanweë die driehoekprisma-agtige struktuur van die draad, wat veroorsaak dat die materiaal inkomende lig teen verskillende hoeke weerkaats en so verskillende kleure vertoon.
![](http://178.128.105.246/cars-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8f/Meyers_b14_s0826a.jpg/180px-Meyers_b14_s0826a.jpg)
Bombyx mori, Hyalophora cecropia, Antheraea pernyi, Samia cynthia.
Uit Meyers Konversations-Lexikon (1885-1892).
Sy word deur verskeie insekte vervaardig, maar net die sy van motruspes word gebruik vir tekstielvervaardiging. Daar is egter al navorsing gedoen oor ander soorte sy, wat op molekulêre vlak verskil.[2]
Sy word hoofsaaklik vervaardig deur die larwes van insekte wat volledige metamorfose ondergaan, maar sommige ander insekte soos webspinners (Embioptera) en spinnekoppe maak ook sy.[3]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Silk" (in Engels). The Free Dictionary By Farlex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 23 Mei 2012.
- ↑ Sutherland TD, Young JH, Weisman S, Hayashi CY, Merritt DJ (2010). "Insect silk: one name, many materials". Annual Review of Entomology. 55: 171–88. doi:10.1146/annurev-ento-112408-085401. PMID 19728833.
- ↑ Walker AA, Weisman S, Church JS, Merritt DJ, Mudie ST, Sutherland TD (2012). "Silk from Crickets: A New Twist on Spinning". PLoS ONE. 7 (2): e30408. Bibcode:2012PLoSO...730408W. doi:10.1371/journal.pone.0030408. PMC 3280245. PMID 22355311.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sy.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia