17473 Freddiemercury
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Henri Debehogne |
Datum | 21 Maart 1991 |
Plek van ontdekking | La Silla-sterrewag, Chili |
Kleinplaneet-benaming | 17473 Freddiemercury |
Alternatiewe name | 1991 FM3 1982 VC9 1999 JE127 |
Kleinplaneet-kategorie | Asteroïdegordel |
Etimologie | Freddie Mercury (sanger)[1] |
Wentelbaaneienskappe [2] | |
Epog 31 Julie 2016 (JD 2457600.5) | |
Afelium | 2,7604 AE |
Perihelium | 2,0187 AE |
Halwe lengteas | 2,3896 AE |
Wentelperiode | 3,69 jr. (1 349 dae) |
Gem. anomalie | 5,6736° |
Baanhelling | 0,9123° |
Lengteligging van stygende nodus | 0,8769° |
Periheliumhoek | 100,50° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 3,435±0,374 km[2][3] |
0,313±0,064[2][3] | |
Absolute magnitude | 14,4[2] |
17473 Freddiemercury (tydelike naam 1991 FM3) is ’n helder asteroïde van sowat 3,4 km breed in die binneste deel van die Asteroïdegordel. Dit is op 21 Maart 1991 by die ESO se La Silla-sterrewag in Noord-Chili ontdek deur die Belgiese sterrekundige Henri Debehogne. [1]
Die asteroïde wentel elke 3 jaar en 8 maande (1 349 dae) om die Son op ’n afstand van sowat 2-2,8 AE. Sy wentelbaan het ’n eksentrisiteit van 0,16 en ’n inklinasie van 1° met betrekking tot die sonnebaan. [2]
Die IAU en die Kleinplaneetsentrum het dit op 5 September 2016 die nuwe naam "Freddiemercury" gegee ter ere van die sanger Freddie Mercury (1946–1991) omdat dit in die jaar van die sanger se dood ontdek is[4] en sy voorlopige naam die sanger se voorletters bevat het. Die nuwe naam is deur Brian May by Montreux-casino in Switserland aangekondig op die viering van wat die sanger se 70ste verjaardag sou gewees het.[5][6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "17473 (1991 FM3)". Minor Planet Center (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 6 September 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "JPL Small-Body Database Browser: 17473 (1991 FM3)" (2016-02-17 last obs.) (in Engels). Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 6 September 2016.
- ↑ 3,0 3,1 Masiero, Joseph R.; Mainzer, A.K.; Grav, T.; Bauer, J.M.; Cutri, R.M.; et al. (November 2012). "Preliminary Analysis of WISE/NEOWISE 3-Band Cryogenic and Post-cryogenic Observations of Main Belt Asteroids". The Astrophysical Journal Letters. 759 (1): 5. arXiv:1209.5794. Bibcode:2012ApJ...759L...8M. doi:10.1088/2041-8205/759/1/L8. Besoek op 6 September 2016.
- ↑ "MPC/MPO/MPS Archive". Minor Planet Center (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 6 September 2016.
- ↑ "Freddie Mercury: Asteroid named after late Queen star to mark 70th birthday" (in Engels). BBC News. 6 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019.
- ↑ "A shooting star leaping through the sky: asteroid named after Freddie Mercury on '70th birthday'" (in Engels). Telegraph. 5 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Asteroid Lightcurve Database (LCDB))
- Dictionary of Minor Planet Names, Google books
- Asteroids and comets rotation curves, CdR – Observatoire de Genève, Raoul Behrend
- Discovery Circumstances: Numbered Minor Planets (15001)-(20000) – Kleinplanetesentrum
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia