Gaan na inhoud

Barkly-Wes

Koördinate: 28°32′17″S 24°31′07″O / 28.53806°S 24.51861°O / -28.53806; 24.51861
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Barkly-Wes
Canteen Kopjie-gedenkteken in Barkly-Wes
Canteen Kopjie-gedenkteken in Barkly-Wes
Barkly-Wes is in Noord-Kaap
Barkly-Wes
Barkly-Wes
 Barkly-Wes se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°32′17″S 24°31′07″O / 28.53806°S 24.51861°O / -28.53806; 24.51861
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikFrances Baard
MunisipaliteitDikgatlong
Stigting1869
Oppervlak
 • Totaal73,1 km2 (28,2 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal20 105
 • Digtheid275/km2 (710/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense3.7%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense22.6%
 • Swart mense71.7%
 • Ander1.6%
Taal (2011)
 • Tswana60.3%
 • Afrikaans31.4%
 • Engels2.3%
 • Sotho1.8%
 • Ander4.1%
Poskode (strate)
8375
Poskode (posbusse)
8375
Skakelkode053
WebwerfWest/ Barkly-Wes

Barkly-Wes (Engels: Barkly West) is 'n dorp in die ooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het in 2011 'n gesamentlike bevolking van 20 100 gehad [1] en is op die noordelike oewer van die Vaalrivier. Die eerste spoeldiamante is hier gemyn.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die dorp het begin as 'n klein sendingstasie met die naam van Pniel (die aangesig van God). Die sendingstasie is in 1849 deur die Berlynse Sendinggenootskap gestig op die suidelike oewer. By Pniel was 'n drif met die naam van Klipdrift wat mettertyd al hoe besiger geraak het. In 1869 is spoeldiamante by Kantienkoppie ontdek deur kaptein Loftus Rolleston en 'n span prospekteerders uit Natal.

Omrede Barkly-Wes in niemandsland was het baie partye skielik 'eienaarskap' ge-eis oor die volgende paar maande. Eers was dit die Korana-hoof, Jan Bloem, gevolg deur die Tswana- en Griekwastamme. Hulle almal is deur die delwers onder leiding van Roderick Barker verdryf. Toe het die Vrystaat op die suidelike oewer aanspraak gemaak deur 'n landdros by Pniel te vestig terwyl die Transvaal in Junie 1870 'n landdros by Klipdift bevestig het op die noordelike oewer. Laasgenoemde is in 'n boot oor die rivier teruggestuur.

Op 30 Julie 1870 het die delwers hulle eie republiek – Die republiek van Klipdrift – uitgeroep met Stafford Parker as president. Hierdie republiek was 5 maande oud toe die Kaapse regering op die toneel verskyn en 'n landdros op 13 Desember 1870 by Klipdrift gevestig het. Na 'n getoutrekkery oor die besit van die grond het 'n span arbiters dit uiteindelik aan die Griekwas toegeken. Dit het nie byval gevind by die delwers nie. Brittanje het uiteindelik tussenbeide getree en aangebied om die grond by die Griekwas te koop. Na aanleiding hiervan het sir Henry Barkly die dorp besoek om 'n administrasie en landdros te vestig vir Griekwaland soos die area bekend geraak het. Die dorp is toe na hom vernoem. Die delwers het mettertyd minder geraak soos hulle uitgewyk het na die droë delwerye by Kimberley.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Die distrik is 2 500 km2 groot en is bekend vir sy suiwelboerdery. Baie gewasse word ook verbou met water afkomstig van die Vaalharts-besproeiingskema. Diamante word nog altyd in die omgewing gedelf deur delwers. Hulle is veral aktief in 'n strook van 150 km langs die Vaalrivier vanaf Delportshoop tot by Warrenton.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Juta and Company.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Som van die hoofplekke Barkly-Wes en Mataleng tydens die 2011-sensus.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]