Gaan na inhoud

Bobaasvlieënier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die "eerste Franse bobaasvlieënier", die Fransman Adolphe Pégoud ontvang die Croix de guerre.

'n Bobaasvlieënier is 'n vlieënier wat 5 of meer oorwinnings behaal het in luggevegte teen ander vegvliegtuie. In Engels staan dit bekend as 'n Ace. Dié term is geskep tydens die Eerste Wêreldoorlog waar die beeld geskep is van die vlieëniers as ridders wat dapper is in 'n poging om die publiek se aandag weg te lei van die massaslagtings wat plaasgevind het op die front..[1]

Vir 'n kort vroeë tydperk toe lug-tot-lug-gevegte pas uitgevind is, kon die besonder bekwame vlieënier die stryd in die lug bepaal. Vir die grootste deel van die oorlog het die beeld van die bobaasvlieënier egter min te doen gehad met die realiteit van lugoorlogvoering, waarin vegters in formasie geveg het en lugoormag baie afhanklik was van die relatiewe beskikbaarheid van hulpbronne.[2]

Die paar bobaasvlieëniers onder vegsvlieëniers het histories verantwoordelik vir die meerderheid lug-tot-lug-oorwinnings in die militêre geskiedenis.[3]

Eerste Wêreldoorlog

[wysig | wysig bron]
Manfred von Richthofen, bekend as die "Rooi Baron", het die mees amptelik aanvaarde oorwinnings (80) in die Eerste Wêreldoorlog behaal en is waarskynlik die bekendste vlieënde bobaasvlieënier van alle tye.

Die gebruik van die term Ace om hierdie vlieëniers te beskryf, het in die Eerste Wêreldoorlog begin, toe Franse koerante Adolphe Pégoud beskryf het as l'As (die Ace) nadat hy die eerste vlieënier geword het wat vyf Duitse vliegtuie afgeskiet het. Die Britte het aanvanklik die term "star-turns" ('n vermaaklikheidsindustrie term) gebruik.

Een van die bekendste bobaasvlieëniers uit die oorlog is Manfred von Richthofen, beter bekend as die Rooi Baron. Die suksesse van sulke Duitse vlieëniers soos Max Immelmann en Oswald Boelcke het baie bekend geword, ten bate van die burgerlike moraal, en die Pour le Mérite, Pruise se hoogste toekenning vir dapperheid, het deel geword van die uniform van 'n vooraanstaande Duitse bobaasvlieënier. In die Luftstreitkräfte het die Pour le Mérite die bynaam Der blaue Max (Die Blou Max) gekry, na Max Immelmann, wat die eerste vlieënier was wat hierdie toekenning ontvang het. Aanvanklik moes Duitse vlieëniers agt geallieerde vliegtuie afskiet om hierdie medalje te ontvang.[4] Soos die oorlog gevorder het, is die kwalifikasies vir Pour le Mérite verhoog,[4] maar suksesvolle Duitse vegvlieëniers is steeds vir die res van die oorlog as nasionale helde beskou.

Die eerste Britse bobaasvlieënier is Albert Ball. Aan Amerikaanse kant was dit Edward Rickenbacker en vir die Franse is dit Charles Nungesser. Andrew Beauchamp-Proctor is in Suid-Afrika gebore en het as 'n Britse vlieënier Bobaasvlieënier status verwerf.

Tweede Wêreldoorlog

[wysig | wysig bron]
Erich Hartmann, met 352 oorwinnings is die vegvlieënier met die hoogste telling vyandelike vliegtuie afgeskiet.

Erich Hartmann is die suksesvolste bobaasvlieënier ooit met 352 oorwinnings. Gerhard Barkhorn word gekrediteer met 301 oorwinnings.[5]

Daar was 107 Duitse vlieëniers met meer as 100 vyandelike vliegtuie afgeskiet. Die meeste hiervan was teen die Sowjetlugmag behaal.[6] Die vegterbobaasvlieënier met die hoogste telling teen Westerse geallieerde magte was Hans-Joachim Marseille (158 oorwinings)[7] en Heinrich Bär (208 oorwinnings, waarvan 124 in die weste). Opmerklik is ook Heinz-Wolfgang Schnaufer, met 121 oorwinnings die hoogste telling vir ‘n nagvegterbobaasvlieënier, en Werner Mölders, die eerste vlieënier wat meer as 100 oorwinnings geëis het in die geskiedenis van lugoorlogvoering.[8] [9] Vlieëniers van ander lede van die Spilmoondhede het ook hoë tellings behaal, soos Ilmari Juutilainen (Finse Lugmag, 94 oorwinnings), Constantin Cantacuzino (Roemeense Lugmag, 69 oorwinnings ) en Mato Dukovac (Kroatiese Lugmag, 44 oorwinnings). Die Japannese vegvlieënier met die hoogste telling was Tetsuzō Iwamoto, wat 216 oorwinnings behaal het.

Sailor Malan is Suid-Afrika se bekendste bobaasvlieënier uit die oorlog met 35 oorwinnings.

Moderne tye

[wysig | wysig bron]

Die Koreaanse Oorlog van 1950–53 het die oorgang van suier-skroefaangedrewe vliegtuie na meer moderne straalvliegtuie gemerk. As sodanig het dit die wêreld se eerste spuitvliegtuig bobaasvlieënier opgelewer. Die hoogste telling van die oorlog word beskou as die Sowjet-vlieënier Nikolai Sutyagin wat 22 oorwinnings behaal het. Giora Epstein, Israeli vlieënier het 17 oorwinnings behaal.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Robertson, bl. 100—103.
  2. Belich 2001.
  3. Dunnigan 2003, bl. 149.
  4. 4,0 4,1 Payne, Dr. David. "Major 'Mick' Mannock, VC: Top Scoring British Flying Ace in the Great War." Geargiveer 21 Junie 2017 op Wayback Machine Western Front Association, 21 Mei 2008.
  5. Mitcham, Samuel W. (2007). Eagles of the Third Reich - Men of the Luftwaffe in World War II. Stackpole Books. p. 217. ISBN 9780811734059.
  6. Murray, Williamson (1996). The Luftwaffe, 1933-45 - Strategy for Defeat. Brassey's. p. 82. ISBN 9781574881257.
  7. Colin, Lewis, D. Heaton, Anne-Marie (2012). The Star of Africa - The Story of Hans Marseille, the Rogue Luftwaffe Ace Who Dominated the WWII Skies. MBI Publishing Company. ISBN 9780760343937.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. Sims, Edward H. (1976). The Greatest Aces. London: Random House Publishing Group. p. 17. ISBN 9780345253309.
  9. Jackson, Robert (2003). Air Aces of World War II. Airlife. ISBN 9781840374124.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Belich, Jamie. "Ace, air combat". Richard Holmes, Charles Singleton and Spencer Jones, eds. The Oxford Companion to Military History. Oxford University Press, 2001 [online 2004].
  • Bergström, Christer. Barbarossa: The Air Battle, July–December 1941. Birmingham, UK: Classic Publications, 2007. ISBN 978-1-85780-270-2.
  • Crosby, Francis: The World Encyclopedia of Fighters and Bombers. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
  • Dunnigan, James F. How to Make War: A Comprehensive Guide to Modern Warfare in the Twenty-first Century. New York: HarperCollins, 2003. ISBN 978-0-06009-012-8.
  • Farr, Finis. Rickenbacker's Luck: An American Life. New York: Houghton Mifflin, 1979. ISBN 978-0-395-27102-5.
  • Franks, Norman and Frank W. Bailey. Over the Front: A Complete Record of the Fighter Aces and Units of the United States and French Air Services, 1914–1918. London: Grub Street, 1992. ISBN 978-0-948817-54-0.
  • Franks, Norman, Frank W. Bailey and Russell Guest. Above the Lines: The Aces and Fighter Units of the German Air Service, Naval Air Service and Flanders Marine Corps, 1914–1918. London: Grub Street, 1993. ISBN 978-0-94881-773-1.
  •    ; Guest, Russell; Alegi, Gregory (1997), Above the War Fronts: The British Two-seater Bomber Pilot and Observer Aces, the British Two-seater Fighter Observer Aces, and the Belgian, Italian, Austro-Hungarian and Russian Fighter Aces, 1914–1918, Fighting Airmen of WWI, 4, London: Grub Street, ISBN 978-1-898697-56-5 .
  • Galland, Adolf The First and the Last London, Methuen, 1955 (Die Ersten und die Letzten Germany, Franz Schneekluth, 1953).
  • Goll, Nicole-Melanie (2011). "Godwin von Brumowski (1889–1936): The Construction of an Austro-Hungarian War Hero during World War I". In Marija Wakounig; Karlo Ruzicic-Kessler (reds.). From the Industrial Revolution to World War II in East Central Europe. LIT Verlag. pp. 139–56. ISBN 978-3643901293.
  • Guttman, Jon. Pusher Aces of World War 1. London: Osprey, 2009. ISBN 978-1-84603-417-6.
  • Hobson, Chris. Vietnam Air Losses, USAF, USN, USMC, Fixed-Wing Aircraft Losses in Southeast Asia 1961–1973. North Branch, Minnesota: Specialty Press, 2001. ISBN 1-85780-115-6.
  • Johnson, J. E. Wing Leader. London: Ballantine, 1967.
  • Lake, John. The Battle of Britain. London: Amber Books, 2000. ISBN 1-85605-535-3.
  • Lee, Arthur Gould. No Parachute. London: Jarrolds, 1968.
  • O'Connor, Martin. Air Aces of the Austro-Hungarian Empire 1914–1918. Boulder, Colorado: Flying Machine Press, 1986. ISBN 978-1-89126-806-9.
  • Pieters, Walter M. Above Flanders' Fields: A Complete Record of the Belgian Fighter Pilots and Their Units During the Great War, 1914–1918. London: Grub Street, 1998. ISBN 978-1-898697-83-1.
  • Robertson, Linda R. (2005). The Dream of Civilized Warfare: World War I Flying Aces and the American Imagination . University of Minnesota Press. ISBN 0816642710, ISBN 978-0816642717
  • Robinson, Bruce (ed.) von Richthofen and the Flying Circus. Letchworth, UK: Harleyford, 1958.
  • Shores, Christopher. Air Aces. Greenwich Connecticut: Bison Books, 1983. ISBN 0-86124-104-5
  •    ; Franks, Norman; Guest, Russell (1990), Above the Trenches: A Complete Record of the Fighter Aces and Units of the British Empire Air Forces 1915–1920, London: Grub Street, ISBN 978-0-948817-19-9 .
  • Stenman, Kari and Kalevi Keskinen. Finnish Aces of World War 2 (Osprey Aircraft of the Aces, number 23). London: Osprey Publishing. 1998. ISBN 952-5186-24-5.
  • Thomas, Andrew. Defiant, Blenheim and Havoc Aces. London: Osprey Publishing, 2012. ISBN 978-1-84908-666-0.
  • Toliver, Raymond J. and Trevor J. Constable. Horrido!: Fighter Aces of the Luftwaffe. London: Bantam Books, 1979. ISBN 978-0-55312-663-1.
  • Toperczer, Istvan. MIG-17 and MIG-19 Units of the Vietnam War (Osprey Combat Aircraft, number 25). London: Osprey, 2001. ISBN 978-1-84176-162-6.
  •     (2001), MIG-21 Units of the Vietnam War, Combat Aircraft, London: Osprey, ISBN 978-1-84176-263-0 .