Gaan na inhoud

Gebruikerbespreking:SpesBona

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?
Grootmeesterredakteur
(17 jaar, 111 000+, global;
15 jaar, 68 000+, af.wp)

Guten tag mein Freund! Ek doen vandag 'n werkswinkel hier in Windhoek en die mense hier het my gevra oor die projek: HESS. Kan jy dit moontlik vertaal asb? Groete! Oesjaar (kontak) 12:39, 18 April 2024 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: jammer, maar ek is steeds besig om my eie taalgebruik te korrigeer en my eie voorbladartikels te verbeter. @Woordgenoot: is daar enige kans dat jy my help met taalwenke? Ek is mos die aktiefste lid op die Afrikaanse Wikipedia wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Waarom ek vra: Aliwal gee vir my 'n wenk (Kampioenetrofee pleks van Kampioentrofee, net soos plek van nes, land pleks van nasie, oorwinning oor pleks van oorwinning teen), Johannescharlesventer doen dieselfde (groep pleks van poel) en ek hardloop deur 'n honderd artikels. Ek sit hier geïsoleerd in Duitsland en wonder elke keer wat sou Afrikaanssprekendes skryf. Ek begin om mal te word en spandeer meer en meer tyd aan taalgebruik. Blykbaar is my taalgebruik nie meer op die vlak wat dit twee of drie jaar gelede was nie! Ek is steeds dankbaar vir enige taalwenk, dit word opreg waardeer.
Wat jou vraag betref, dalk iets vir ons ruimteman @BurgertB:? Groete. --  SpesBona 21:42, 18 April 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: ek hoop maar net jy neem my taalbekommernis hierbo nie kwalik nie, ek bedoel dit nie só nie. In elk geval sterkte met en groete aan die werkswinkel daar in Windhoek! As ek in Afrikaans skryf dink ek ook aan hulle daar in Namibië. Groete. --  SpesBona 21:00, 19 April 2024 (UTC)[antwoord]
@SpesBona:, jy op 'n skip iewers? Geniet! Moenie bekommer nie broer! Groete! Oesjaar (kontak) 20:03, 20 April 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: ja, weer op see tussen Denemarke, Swede en Noorweë, met Bergen ook. Amper dieselfde roete as laas jaar, maar dit is baie lekker op see. Skandinawië is ook iewers in my hart. Dit voel soos op @Voyageur: se voetspoere. Groete. --  SpesBona 12:40, 21 April 2024 (UTC)[antwoord]

Jagdgeschwader 1

[wysig bron]

@SpesBona: wat sal die Afrikaans vir Jagdgeschwader 1 wees? Groete! Oesjaar (kontak) 18:36, 24 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: ek sou dink "jageskader", maar ons Wikipedia gebruik nie dié term nie! Groete. --  SpesBona 19:45, 24 Junie 2024 (UTC)[antwoord]
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys
Omaanse nasionale krieketspan, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad.

Baie dankie vir jou bydrae aan hierdie voorbladartikel. Groete in Duitsland! -- Aliwal2012 17:48, 7 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

@Aliwal2012: baie dankie! Ek hoop maar jy neem my onlangse reverts nie kwalik op nie. Dit is in elk geval nie só bedoel nie! Soms wy ek die hele Sondag aan die voorbereiding op die nuwe voorbladartikel, veral as dit my eie is soos hierdie en doen taalverbeterings waar ek kan. Kwaliteit beteken ook verantwoordelikheid. Groete. --  SpesBona 19:45, 7 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Eersteklas, ek is baie bly die Springbokke het gisteraand gewen, maak op vir die Proteas se "choke"!
Ek woon nou in 'n warmer deel van ons mooi land. Het myself 15 jaar lank verkluim in die winter in die Oos-Kaap! Nogmaals groete, Gert  Aliwal2012 19:55, 7 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Aliwal2012: Myns insiens het die Proteas nie gechoke nie. Onthou jy SKY se vang van David Miller se paaltjie? As hy die grens sou geraak het, sou dit 'n ses gewees het. Suid-Afrika het met sewe lopies verloor, een meter meer vir David Miller se probeerslag en ons sou 'n Superboulbeurt gesien het. Ek onthou hoe RSG se Willem Pelser baie kwaad was vir die Proteas. Ek was op die punt om hom op X (vroeër Twitter) te skryf. In 2019 het Engeland gewen omdat een ses verkeerd getel is, andersins was Nieu-Seeland die wenner. Dit is nie net sokker (of rugby) waar sulke flaters gebeur nie.
Ja, ek hoor op RSG se weer van die groot verskil tussen Noord- en Suid-Suid-Afrika. Onthou ek reg jy bly daar naby Tzaneen? Dit is beslis warm daar! Groete. --  SpesBona 20:30, 7 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Met jou kommunikeer...

[wysig bron]

@SpesBona:, ek wil graag met jou praat oor twee dinge: een is om 'n t-hemp by jou te kry en die tweede is dat ek hulp soek met die vervaardigers van ou drukperse in Duitsland vir 'n streekkoerant in Bredasdorp. My tel nommer is +27 82 320 8878. Groete! Oesjaar (kontak) 16:15, 10 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Goeienaand @Oesjaar: My telefoonnommer is +49151/47033655. Ons kan maar op WhatsApp gesels. Groete. --  SpesBona 18:35, 10 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Vielen dank! Grüsse! Oesjaar (kontak) 18:44, 10 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Dormante (ou) admins te verwyder

[wysig bron]

Guten Morgen Herr SpesBona! Kan jy moontlik die stagnante "sysops" onthef, of is daar 'n proses wat gevolg moet word?

Hierdie persone is al vele kere van bo af laat weet hul status gaan opgeskort word, weens geen deelname die laaste 5 jaar!

Groete, Gert -- Aliwal2012 05:25, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

@Aliwal2012: waarskynlik is ek die uwe wat dit moet doen, hoewel ek steeds baie respek vir dié gebruikers het. Ek kan hul name en hul artikelwerk steeds onthou, hoe lank is ek al betrokke hier? Is daar nie 'n advocatus diaboli wat sê: "Nee, moenie dit doen nie. Hulle doen geen skade nie en hulle het baie tyd gewy aan die Afrikaanse Wikipedia!"? Maar wag, wie is die onaktiewe admins nou? Groete. --  SpesBona 21:20, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Dis OK, hulle is klaar hierdie regte ontneem. Dankie SB -- Aliwal2012 18:35, 28 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Goeie dag. Ek wil graag weet hoekom die inligting wat verskaf is oor die geografie van my land omgekeer is. As daar 'n wysiging was om dit te verbeter, sal ek dit waardeer as jy vir my meer besonderhede sal verskaf, maar dit nie op daardie manier uitvee nie, aangesien die oorspronklike inligting in die artikel redelik swak was.

Ek bly oplettend vir jou antwoord. Dankie. AnniAriel (kontak) 05:21, 1 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

@AnniAriel: Hello, ek verwelkom jou bydrae by Peru en het dit teruggeplaas by die artikel. Voorwaarts!  Aliwal2012 18:24, 1 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

@AnniAriel:: Hallo en groete daar in Peru! Ek sal vir jou graag verduidelik waarom ek jou inhoud teruggedraai het:

  • Peru is 'n land geleë in Suid-Amerika – dit is die heel eerste sin in die artikel: "is 'n republiek in die weste van Suid-Amerika".
  • Die land word oorheers deur die indrukwekkende Andesbergreeks, waarvan die hoogtes die oorsprong is van riviere wat in die Stille Oseaan uitmond of wat deur die Amasonereënwoud na die Atlantiese Oseaan vloei. – dit staan reeds onder geografie: "Dié land se geografie word deur die Andesgebergtes in die suide en die weste asook die Amasonebekken in die ooste en noorde gekenmerk."
  • In hierdie streke het belangrike antieke beskawings ontstaan, met 'n merkwaardige argeologiese erfenis, waarby die Inca-volk uitstaan. – die Inkas word reeds onder geskiedenis genoem, waar dit hoort: "Die langste tydperk van Peruaanse geskiedenis is net voor die Spaanse verowering van die Inka-ryk onder Francisco Pizarro in die laat 15de eeu."
  • Dit maak ook die volgende sin 'n duplikaat: "Tydens die Spaanse verowering het 'n klein groepie Spaanse soldate hierdie lande bereik, gemotiveer deur die begeerte na avonture en die stories van 'n ryk ryk." – Terloops, "ryk ryk" klink snaaks soos in Duits: reiches Reich.
  • Hierdie ontmoeting het gelei tot die verowering van die Inca-ryk en die daaropvolgende vorming van die Vise-koninkryk Peru, wat 'n belangrike administratiewe en ekonomiese sentrum van die Spaanse Ryk in Amerika was. – reeds deur die vorige sin en die inligting gedek: "Peru was tussen 1542 en 1821 'n Spaanse kolonie." Terloops, dit is geskiedenis en nie geografie nie.
  • Die moderne Peru is gevorm na die onafhanklikheid van Spanje en is georganiseer as 'n republiek. Sy grondgebied beslaan 'n oppervlakte van 1 285 216 km². Dit grens in die noorde aan Ecuador en Colombia, in die ooste aan Brasilië en Bolivia, in die suide aan Chili en in die weste aan die Stille Oseaan. Die bevolking van Peru oorskry 24 miljoen inwoners, en Spaans, Quechua, Aymara en ander inheemse tale word gepraat. – Dit is presies wat in die inligting staan: "Peru beslaan 'n oppervlakte van 1 285 216 km² en het 'n bevolking van 32 440 172 in 2023 gehad. Dit word begrens deur Colombia en Ecuador in die noorde, Brasilië en Bolivië in die ooste, Chili in die suide en die Stille Oseaan in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Lima. Peru het drie amptelike tale: Spaans, Quechua en Aymara. Peru was tussen 1542 en 1821 'n Spaanse kolonie."
  • Blick nach Osten auf das Flusstal des Río Utcubamba – Dit is Duits (my moedertaal) en nie Afrikaans nie.
  • Die belangrikste stede sluit in Lima, die hoofstad, Arequipa, Trujillo, Chiclayo, Huancayo, Piura, Cusco en Chimbote. – Van dié stede word reeds in die artikel genoem: "Peru se hoofstad Lima is aan die sentrale kus langs die Stille Oseaan geleë. Ander belangrike stede sluit in Arequipa in die suide, die Inkahoofstad Cusco in die sentrale Andes en Iquitos in die noordelike Amasonebekken."
  • stembusgang bedoel seker verkiesing?

Dit sal mooi wees as jy kyk wat reeds in die artikel staan en dit verbeter, sonder om nuwe inligting onafhanklik van die oorspronklike inhoud te plaas. Dit skep net onnodige duplikasies sonder samehang en verwar ons lesers. Ek is een van min gebruikers op die Afrikaanse Wikipedia wat al die lande gereeld hersien en bywerk (sien die artikel se geskiedenis). As jy inligting as "swak" bestempel, praat jy met my. Ons kan die artikel graag saam verbeter, ek het reeds lande soos Chili en Meksiko gedoen. Dit is alles behalwe 'n probleem vir my.

@Aliwal2012: hoekom plaas jy duplikate inhoud (sien hierbo) én Duitstalige beeldbeskrywings terug? Groete. --  SpesBona 21:20, 1 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Hallo! Jammer vir die vertraging in antwoord. Eerstens waardeer ek jou verduidelikings.
Ek verduidelik ook dat ek op geen tydstip die bedoeling was om die werk wat jy op die wiki's gedoen het, af te maak nie. As ek gesê het dat die inligting in die artikel oor my land (Peru) swak is, is dit omdat daar nie uitgebreide inligting oor sommige punte is nie, waarop ek graag wil uitbrei.
Ek verstaan ​​heeltemal die inligting wat jy dink gedupliseer word. Ek maak nie verskonings nie, maar my Afrikaans is nog nie van 'n gevorderde of intermediêre vlak nie. Om hierdie rede maak ek miskien onwillekeurige foute. Ek glo egter dat sekere inligting binne hierdie artikel gebruik kan word sonder dat dit heeltemal uitgevee hoef te word, want soos u sal verstaan, vereis die skryf van 'n artikel, of die uitbreiding van die inligting van 'n ander, navorsing en skryftyd, dus die minimum wat die hoop is dat jy die hoflikheid sal hê om die verbeterings wat gemaak moet word in terme van redigering of skryf aan te bied.
Ek beklemtoon die kwessie van respek, opvoeding en hoflikheid baie, want ek het in meer as een wiki gesien hoe mense met een of ander "posisie" in hierdie virtuele ensiklopedie waarheidsgetroue inligting as vandalisme beskou sonder om eers die gebruiker te kontak en die basisse, fondamente te raadpleeg of bronne daarvan.
Ek waardeer dit regtig dat jy die tyd geneem het om op elkeen van my punte te reageer, jy help my beslis om in hierdie taal te verbeter en te groei. Ek sal weer probeer om die inligting oor my land uit te brei. Ek sal jou kommentaar daaroor baie waardeer om relevante wysigings aan te bring. Groete, AnniAriel (kontak) 21:58, 3 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Lang storie kort wanneer Machu Picchu ons? Dumbassman (kontak) 22:26, 3 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
@AnniAriel:: Die artikel oor jou land Peru het min inligting omdat nog niemand die artikel wou uitbrei nie. Suid-Afrikaners (dit geld alles maar ook vir Namibiërs) stel veral belang in 'n land as daar Suid-Afrikaners migreer het, daar rugby of krieket gespeel word, die land in Suid-Afrika belê, uit daardie land mense hulle in Suid-Afrika gevestig het of daar noue samewerking is soos Afrika-unie, BRICS of Britse Statebond. Die taalgrens met Spaqns is waarskynlik ook 'n hindernis en dit is ook die rede hoekom ons nie na anderstalige Wikipedias binne ons artikel skakel nie. Daar is waarskynlik min Suid-Afrikaners of Namibiërs wat Spaans verstaan, Portugeestalige lande is heelwat nader geleë aan Suid-Afrika as Spaanstaliges. Maar moenie bekommer nie, daar is nie een land wat ek nie 'n bietjie bygewerk het nie (dit het ek bedoel met "jy praat met my"). In Duitsland was Peru veral in die nuus weens 'n fietspad wat ons arm Duitsers nie kon bekostig nie (Haha!). Dit was minder duur as die verregses ons wil laat glo. Klima en Lima is maar ook 'n lekker rympie in Duits. Lang storie kort, as ek tyd het, sal ek help waar ek kan.
@Dumbassman: my reislys is reeds lank genoeg, maar Machu Picchu is ook baie interessant. Van my familielede was reeds daar. Groete. --  SpesBona 21:45, 4 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
awesome Dumbassman (kontak) 09:35, 5 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Voorbladartikel week 34

[wysig bron]

Jy het een week oorgeslaan, hoekom? Ek verwag eerder M.E.R., wat gebeur nou SpesBona? -- Aliwal2012 19:38, 18 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

@Aliwal2012: sal dit nie mooi wees as Maria Elizabeth Rothmann in die week van haar verjaarsdag (week 35) kan verskyn nie? Haar verjaarsdag is op 28 Augustus. Groete. --  SpesBona 19:45, 18 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Ja, maar jy gaan verander die volgorde ter elfder ure. Nou het ek dit soos 'n "fool" gaan opstel, net om 'n wysigingskonflik met jou te ervaar. Jy het regtig nie einde nie!  Aliwal2012 19:50, 18 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
@Aliwal2012: ek het gedoen waarvoor @Oesjaar: gevra het: "plaas dit in die maand van haar verjaarsdag asb!" Groete. --  SpesBona 21:00, 19 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
SpesBona, jy het ons reeds ingelig jy is in volle beheer van die voorbladartikels op die Geselshoekie – Hierdie ongetekende kommentaar is deur Aliwal2012 (BesprekingBydraes) gelewer.
Hi, SpesBona. Die rede hoekom ek nie meer so aktief op Wikipedia is nie, is want ek het letterlik nie meer tyd as 'n student nie. Ek skryf hierdie boodskap op jou besprekingsblad net voor 3 op 'n Woensdagoggend, want ek was gisteraand en vanoggend besig om filosofie te leer. Dit blyk ek kan net tydens vakansies aktief op Wikipedia betrokke wees. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 00:44, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
@Lefcentreright: Dis okay, moenie bekommer nie! Sterkte met jou filosofie-leerstof! Jy gaan daarin slaag en dan kom jy met nuwe krag en volstoom terug. Ek sien uit daarna. :) Groete. --  SpesBona 21:20, 22 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

According to wmf:Wikimedia Licensing Policy a wiki can allow non-free content if it has an Exemption Doctrine Policy (EDP). But according to #3 "Such EDPs must be minimal. Their use, with limited exception, should be to illustrate historically significant events, to include identifying protected works such as logos, or to complement (within narrow limits) articles about copyrighted contemporary works. An EDP may not allow material where we can reasonably expect someone to upload a freely licensed file for the same purpose, such as is the case for almost all portraits of living notable individuals. ..."

Also according to #4 "Media used under EDPs are subject to deletion if they lack an applicable rationale. ..."

An EDP is not an excuse to allow copyvios. Uploader failed to provide a rationale why someone can't create a free map of Lovedale. For example with OpenStreetMap. I doubt that it is possible to ever make a valid rationale that it is impossible for anyone to make a free map. --MGA73 (kontak) 15:20, 25 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

@MGA73: as far as I understand is OpenStreetMap a free project and anyone can share their maps. Commons has no problems with OpenStreetMap maps at all. Copyleft, as this is the case with OSM, is the opposite of Copyright. So, the upload Jcwf can't be a "copyvio", as you claim. All he needs to do is to fill in the file's details and everything is fine. At the end of the day, I can do this for him, too. The Afrikaans Wikipedia has fairt use like the English Wikipedia, so this is no case at all. Groete. --  SpesBona 21:00, 27 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Sorry, forgot what I've said about OpenStreetMap, this is a Google map. But local, the case stays the same, fill in the details, and everything is fine. Like en:File:Google Maps on Android.png. Groete. --  SpesBona 21:20, 27 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

en:File:Google Maps on Android.png is used to illustrate an article about Google Maps. It is impossible to illustrate Google Maps with a map from OpenStreetMap. That is why the file is allowed. Furthermore the map of Lovedale is not used in an article but on a talk page.

Wikipedia:Beleidsontwerp_vir_beperkte_gebruik_van_nie-vrye_media#Algemene_kriteria_vir_nie-vrye_inhoud:

1. Geen vrye ekwivalent: Nie-vrye media word slegs gebruik as daar geen vrye weergawe beskikbaar is nie, en dit nie moontlik is om 'n nie-vrye weergawe te skep wat dieselfde ensiklopediese doel sou dien nie.

9. Beperkings op ligging: Nie-vrye inhoud mag slegs in volwaardige artikels gebruik word (dit sluit dubbelsinnigheidsbladsye en die tuisblad uit), en slegs in die artikel naamruimte. (Om te verhoed dat 'n beeld kategorie duimnaelbeelde vertoon, voeg daarby; beelde word geskakel en nie inlyn gebruik op besprekingsbladsye as dit onder bespreking is.)

So I think it is clear that the file is a violation of the EDP. --MGA73 (kontak) 05:34, 28 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

@MGA73: Uitgevoer Uitgevoer, I've moved the map from the talk page in to the article ("slegs in die artikelnaamruimte"). Groete. --  SpesBona 20:35, 30 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
But that still does not solve the problem that it is possible to replace the map :-) --MGA73 (kontak) 20:39, 30 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
@MGA73: feel free to ask the community about this map. :) Groete. --  SpesBona 21:05, 30 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Hallo weer! Perhaps later. I'm still working on fixing GFDL on all wikis. Only 6 wikis left that still have disclaimers in the main GFDL-template. And the en:Wikipedia:Image license migration is also going well but there are hundreds of wikis to check and fix. Groete. --MGA73 (kontak) 06:32, 31 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]