Gaan na inhoud

Pous Alexander IV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Alexander IV
Geboortenaam Rinaldo Conti
Pontifikaat begin 12 Desember 1254
Pontifikaat eindig 25 Mei 1261
Voorganger Innocentius IV
Opvolger Urbanus IV
Gebore ± 1199
Jenne, Italië
Sterf 25 Mei 1261
Viterbo, Italië
Ander pouse genaamd Alexander

Alexander IV was die 181ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1254 tot 1261.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Alexander IV[1] is gebore as Rinaldo Conti (of Rinaldo di Jenne) ongeveer in 1199 in Jenne naby Anagni in Italië. Sy pa was graaf Philip van Jenne. Aan sy ma se kant was hy familie van die grawe van Segni, soos Pous Innocentius III en sy oom Pous Gregorius IX. Pous Gregorius IX maak hom kardinaal-diaken en beskermheer van die Franciskane in 1227, Camerlengo van die Rooms-Katolieke Kerk in 1229 en biskop van Ostia in 1231. Hy word dekaan van die kollege van kardinale in 1240. Op 12 Desember 1254 volg hy Pous Innocentius IV op en word gekroon op 20 Desember 1254. Hy regeer tot sy dood op 25 Mei 1261 en word opgevolg deur Pous Urbanus IV. Die naam ‘Alexander’ beteken 'kryger'.

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Pous Alexander IV[2] het Pous Innocentius IV opgevolg as voog van Conradin, die laaste Hohenstaufen keiser. Die pous het egter teen Conradin saamgesweer en sy oom Manfred teengestaan. Alexander het Manfred se mense met ekskommunikasie en interdik gedreig op 25 Maart 1255, maar dit het geen gevolg gehad nie. Hy kon ook nie die Engelse en Noorse konings oorreed om 'n kruistog teen die Hohenstaufens te begin nie. Rome het na die Ghibellynse kant oorgegaan en die pous het na Viterbo gevlug.

Pous Alexander se pontifikaat is gekenmerk deur pogings om die Ortodokse en die Roomse Kerke te versoen, die instelling van die Inkwisie in Frankryk, die ondersteuning van die bedelordes en pogings om 'n kruistog teen die Tartare te organiseer na die tweede aanval op Pole in 1259. Op 12 April 1261 gee die pous 'n bul aan koning Hendrik III van Engeland wat hom onthef van sy eed wat die koning geneem het in die Voorsienings van Oxford. Dit het gely tot die tweede baronne-oorlog.

Met die bul "Licet Ecclesiae Catholicae" rig hy op 9 April 1256 die orde van kluisenaars van die heilige Augustinus op.

Heiligverklarings

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Alexander IV." Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2008.
  2. Loughlin, James. "Pope Alexander IV." The Catholic Encyclopedia. Vol. 1. New York: Robert Appleton Company, 1907. 5 Sept. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/01287b.htm>.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Innocentius IV
Pous (Pontifex Maximus)
12541261
Opgevolg deur
Urbanus IV
Voorafgegaan deur
Uolino dei Conti de Segni
Biskop van Ostia
12311254
Opgevolg deur
Enrico Bartolomei