Transantarktiese Berge
Voorkoms
![](http://178.128.105.246/content-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8f/Fryxellsee_Opt.jpg/300px-Fryxellsee_Opt.jpg)
Die Transantarktiese Berge (85°00′S 175°00′W) is 'n bergreeks in Antarktika wat met 'n paar onderbrekings strek vanaf Kaap Adare tot Coats Land. Die berge dien as die skeiding tussen Oos-Antarktika en Wes-Antarktika. Ingesluit is die kontinue maar afsonderlik benoemde berggroepe langs die weste kant van die Rosssee en die westelike en suidelike kante van die Ross ysbank; so ook die Horlick Berge, die Thiel Berge, Pensacola berge, Shackleton Reeks en die Theron Berge. Die suiwer beskrywende naam is in 1962 deur US-ACAN aanbeveel en is sedertdien internasionaal aanvaar.
![](http://178.128.105.246/content-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/11/Transantarctic_mountains_highlighted.jpg/220px-Transantarctic_mountains_highlighted.jpg)