Gaan na inhoud

Vader Kersfees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1881 illustrasie deur Thomas Nast.

Vader Kersfees (ook bekend as Kersvader, Sinterklaas of Sint Nikolaas) is 'n legendariese figuur[1] afkomstig van Westerse Christelike kultuur wat na bewering geskenke bring gedurende die laat aand en oornag ure op Oukersaand. Daar word gesê dat hy dit regkry met behulp van Kerselwe, wat die speelgoed in sy werkswinkel maak, en met behulp van vlieënde rendiere wat sy slee deur die lug trek.[2][3]

Die populêre opvatting van Vader Kersfees kom uit folklore-tradisies rondom die 4de-eeuse Christelike biskop Nikolaas van Mira, die beskermheilige van kinders. Sint Nikolaas het bekend geword vir sy gerapporteerde vrygewigheid en geheime geskenke. Hierdie opvatting deel ook ooreenkomste met die Engelse figuur van "Father Christmas", en hulle word albei nou algemeen as dieselfde persoon beskou.[4]

Vader Kersfees word oor die algemeen uitgebeeld as 'n deftige, jolige man met 'n wit-baard, dikwels met 'n bril, met 'n rooi jas met wit pelskraag en boeie, rooi broek met wit pelsboeie, 'n rooi hoed afgewerk met wit pels, 'n swart leergordel en stewels, met 'n sak vol geskenke vir kinders. Hy word algemeen geassosieer met 'n diep, hartlike lag, wat gereeld in Kersfeesliteratuur weergegee word as "ho, ho, ho!"

Hierdie beeld het gedurende die 19de eeu in Noord-Amerika ontstaan, beïnvloed deur Nederlandse immigrante wat die legende van "Sinterklaas" ("Sint Nicolaas") na Nieuw Amsterdam gebring het. (hedendaagse New York Stad), en is in stand gehou en versterk deur middel van sang, radio, televisie, kinderboeke, familie Kerstradisies, films en advertensies.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Santa Claus: History, Legend, & Facts". Encyclopedia Britannica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2021. Besoek op 10 Augustus 2020.
  2. B. K. Swartz, Jr.; The Origin of American Christmas Myth and Customs Geargiveer 30 April 2011 op Wayback Machine; Retrieved 22 December 2007
  3. Jeff Westover; The Legendary Role of Reindeer in Christmas Geargiveer 3 Augustus 2012 op Wayback Machine; Retrieved 22 December 2007
  4. "Father Christmas, green or red?". BBC. 4 Desember 2009.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]