Gaan na inhoud

Vindelrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vindelrivier (Vindelälven)
Renforsen-versnelling in die Vindelrivier
Renforsen-versnelling in die Vindelrivier
Renforsen-versnelling in die Vindelrivier
Stroomgebied Swede
Monding Umerivier
Lengte 445 km (277 mi)[1]
Gemiddelde afloop 190 m3/s (6 700 cu ft/s)[1]
Stroomgebiedopp. 12 650 km2 (4 880 sq mi)[1]

Die Vindelrivier (Sweeds: Vindelälven) is 'n rivier in noordelike Swede. Dit is 'n sytak wat na die Umerivier en die grootste sytakrivier in Swede vloei. Die rivier se naam is afkomstig van die Vindelfjällens Natuurreservaat, een van die grootste beskermende areas in Europa, met 'n grootte van 562 772 ha (ongeveer 5628 km²). Aangesien die rivier gedeeltelik binne die reservaat geleë is, is dit permanent beskerm van hidroëlektriese ontwikkeling. Stroomaf van waar die Vindelrivier met die Umerivier saamsmelt, is Swede se grootste hidrokragstasie geleë.

Die CargoNet 185-trein kruis die Vindelrivier met die 44819 treinroete wat van Narvik, Noorweë tot Oslo, Noorweë loop.

Die Vindelrivier en sy sytakriviere was belangrike roetes vir die vervoer van hout in noordelike Swede tot en met 1976. Om die beweging van die houtbalke stroomaf te vergemaklik is houtdamme gebou (wat oopgemaak is wanneer die hout vervoer word), systrome is afgesny en sytakriviere is reguit en skoongemaak. Hierdie veranderings het die rivier se ekosisteem beduidend geaffekteer en die wilde visbevolking, soogdiere, mossels en ander spesies se akwatiese en oewerhabitatte. Die veranderinge het dus die gunstige bewaringstatus van spesies en habitatte binne die Vindelrivier Natura 2000-netwerkterrein negatief beïnvloed. Aksies om die sytakke van die rivier te herstel na 'n meer natuurlike toestand word as 'n prioriteit deur die Sweedse omgewingbewaringsagentskap, die Västerbotten distrik se administratiewe raad, en die EU onder die Habitatte-riglyn en die Waterraamwerkriglyn gesien. Die algemene doel van die Vindelrivier LIFE projek was om 'n ‘goeie status’ vir die water van die Vindelrivier met verwysing na die Waterraamwerkriglyn te skep, en ‘goeie bewaringstatus’ vir die spesies in die projekarea onder die Habitatte-riglyn. Die doel was om die negatiewe impak van fragmentasie en kanalisasie wat deur die dryfhoutinfrastruktuur in die sytakke van die Vindelriviersisteem geskep is, te verminder. Die werk was gefokus op 'n aantal rivierstreke, wat altesaam oor die 44 km strek, met die oogmerk om 73% van die obstruksies in die natuurlike stroomvloei te verwyder, deur groot rotsblokke en gevalle bome in die water te plaas om natuurlike toestande te simuleer en die sytakke te verbind om broeiplek vir migrerende vis te skep. Hierdie ekosisteem herstelmaatreëls het verbeterde waterkwaliteit en die verbetering van toestande vir beskermde spesies tot gevolg gehad wat by die nasionale en EU-beleid se oogmerk aansluit.

Die projek het strome in 26 sytakke van die Vindelrivieropvanggebied herstel, alles binne die Natura 2000-netwerk. Sytakke is herstel deur of van die bogenoemde metodes gebruik te maak (10 terreine), waar innoverende tegnieke gedemonstreer is of deur bestaande beste-praktyk metodes. Die projekspan het 20 houtdamme verwyder, kanale verbreed, sykanale oopgemaak, groot voorwerpe in die stroom geplaas om die vloei te diversifiseer en organiese materiaal te beho, en het 1 068 broeiplekke vir die vis herstel of gebou deur ingevoerde gruisklip te gebruik. Hulle het daarin geslaag om ten minste 73% van die vorige dryfhoutinfrastruktuur in die projekareas te verwyder (party konstruksies wat hoë kulturele en historiese waarde het, is ongesteurd gelaat vir onderrigdoeleindes). Nuwe areas is beskikbaar gemaak as moontlik migrasieroetes wat dit vir spesies moontlik maak om voorheen onbereikbare areas as broeiareas te gebruik. In totaal het die projek meer as 4 000 ha nuwe areas geskep wat toeganklik vir visvoorplanting is. Opvolgstudies het getoon dat die demonstrasieherstelwerk het wyer, meer struktureel ingewikkelde strome met 'n verlaagde stroomsnelheid en meer veranderlikheid tot gevolg gehad. Goeie ekologiese status is in al 10 voorbeeldterreine aangemeld, en die meeste van die beste-pratyke herstelterreine het goeie tot gemiddelde ekologiese status bereik. In beleidsterme, het die projek gehelp om goeie waterstatus, met verwysing na die Waterraamwerkriglyn te verkry. Die projek het toestande in twee habitattipes verbeter en die bewaringstatus vir verskeie spesies wat in die riglyn genoem is, ook verbeter soos bv. die otter (Lutra lutra); varswater-pêrelmossel (Margaritifera margaritifera) wat 'n goeie aanduider van waterkwaliteit is; die Atlantiese salm (Salmo salar) en die bulkop (Cottus gobio), tesame met die ekonomies belangrike bruin forel (Salmo trutta).

In die Vindelrivierarea as 'n geheel migreer daar tans meer salm stroomop as wat daar al ooit vantevore waargeneem is vandat die nasionale monitoringsprogram begin het en salm en bruin forel gebruik die herstelde broeiareas. As gevolg van die herstel van die riviervloeidinamika en die verhoging van tussenstrome in die Vindelrivier-opvanggebied, is 288 km se rivierstreke verkry, en die oewersone langs die rivier is ook besig om te herstel; alhoewel volle herstel van oewerhabitatte baie jare kan neem.

Die projekbegunstigdes het 'n reeks verspreidings-, bewusmakings- en netwerkaktiwiteite georganiseer, wat plaaslike belanghebbendes en die algemene publiek aktief betrek het. Die herstelwerk en die daaropvolgende verbetering van die bewaringstatus van die Vindelrivier bied 'n unieke geleentheid om beide ekotoerisme en hengel 'n hupstoot te gee wat voordelig vir sosio-ekonomiese ontwikkeling is.

Brug oor die Vindelrivier by Holmforsen in Rödåsel.

Die Vindelrivierarea het 'n afname in die menslike bevolking oor die laaste dekades ervaar, maar meer vis en aantrekliker landskappe bied 'n rede om te bly aangesien daar werksgeleenthede in toerismemaatskappye wat visvangaktiwiteite aanbied, beskikbaar is. 'n Studie by een van die terreine wat deur die projek (Beukabäcken) gerestoureer is, het aan die lig gebring dat die visbevolking van ongeveer sewe individue (bruinforel en salm) per 100 m² in 2010 (voor restourasie) tot ongeveer 32 individue per 100 m2 in 2015 toegeneem het. Verder, nuwe broeiareas is goed deur visse gebruik, met goeie embrio-oorlewingsyfers. Visvang is verbode in Beukabäcken aangesien dit 'n belangrike broeigebied is. Die hengelbestuursorganisasie in die nabygeleë Gargån het egter verhoogde verkope van visvanglisensies van 76 000 SEK in 2010 tot 151 000 SEK in 2015 aangemeld; met 'n veel hoër toename in vislisensieverkope wat in die nabye toekoms voorspel word.

As gevolg van goeie samewerking tussen vennote wat die hoof betrokke sektore verteenwoordig (Umeå Universeit, die Vindel River Fishery Advisory Board, die Swedish University of Agricultural Sciences, en die Swedish Agency for Marine and Water Management), was die projek suksesvol om wetenskaplike navorsing en praktiese restorasiewerk te integreer. Demonstrasiemaatreëls sal heel moontlik in ander areas van Swede en die EU gerepliseer word en die terreine word steeds gebruik as velddemonstrasies.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 "Vindelälven". Nationalencyklopedin.  (abonnement vereis)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]