Gaan na inhoud

Hester Malan-natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In die Hester Malan-veldblomtuin in die Goegap-natuurreservaat kan die inheemse vetplante van Namakwaland besigtig word.

Dit is in 1966 gestig en is vernoem na die vrou van die administrateur van die destydse Kaapprovinsie, dr. Nico Malan. Later jare is die Goegap-natuurreservaat rondom hierdie veldblomtuin ontwikkel.

In die lente is dit ‘n gewilde bestemming vir blommekykers aan die Weskus.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • gardenvisit.com
  • www.sa-venues.com
  • le Roux, Annelise: ‘n Fitososiologiese studie van die Hester Malan-natuurreservaat. Universiteit van Pretoria, 1988 (repository.up.ac.za)
  • van Rooyen, Margaretha W. en N. Grobbelaar: Saadbevolkings in die grond van die Hester Malan-natuurreservaat in die Namakwalandse Gebroke Veld. In: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Plantkunde, deel 1, nr. 3, 1982 (sciencedirect.com)