Gaan na inhoud

Klem-in-die-kaak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Klem-in-die-kaak
Tetanus
Klassifikasie en eksterne bronne
Spierspasmas (spesifiek opisthotonos) in 'n persoon met tetanus.
Spierspasmas (spesifiek opisthotonos) in 'n persoon met tetanus.
ICD-10 A33-A35
ICD-9 037, 771.3
DiseasesDB 2829
MedlinePlus   000615
eMedicine emerg/574
MeSH D013742
Mediese waarskuwing

Klem-in-die-kaak of tetanus is 'n nie-aansteeklike siekte wat deur bakteriese toksien of gifstof (neurotoksien tetanospasmin) veroorsaak word. Die senuweestelsel van hoofsaaklik perde en skape en soms beeste, bokke, varke en mense, en by uitsondering honde en katte, word aangetas. Tetanus kan pynlike spierspasmas in die kou- en nekspiere van mense veroorsaak.[1] Spasmas mag ernstig genoeg wees om beenbrekings te veroorsaak.[2] Ander simptome van tetanus kan koors, sweet, hoofpyn, sluk probleme, hoë bloeddruk, en 'n vinnige hartklop insluit.[1][2] Aanvang van simptome is tipies drie tot een-en-twintig dae na infeksie. Herstel kan maande duur. Sowat tien persent van die gevalle is noodlottig.[1]

Tetanus sterftes per miljoen mense in 2012
██ 0-0██ 1-1██ 2-3██ 4-8██ 9-13██ 14-28██ 29-151

Oorsaak en diagnose

[wysig | wysig bron]

Tetanus word veroorsaak deur 'n infeksie met die bakterie Clostridium tetani, wat algemeen voorkom in grond, speeksel, stof en mis. Die bakterieë kom gewoonlik deur 'n breek in die vel, soos 'n sny of 'n wond deur 'n besmette voorwerp.[3] Dit produseer gifstowwe wat inmeng met normale spierkontraksies.[4] Diagnose is gebaseer op die aanbiedstekens en simptome. Die siekte versprei nie tussen mense nie.[1]

Epidemiologie

[wysig | wysig bron]

In 2013 het dit ongeveer 59,000 sterftes veroorsaak - vanaf 356,000 in 1990.[5] Tetanus, veral die neonatale vorm; bly 'n belangrike openbare gesondheidsprobleem in nie-geïndustrialiseerde lande met 59,000 pasgebores wêreldwyd wat in 2008 sterf as gevolg van neonatale tetanus.[6][7] In die Verenigde State, vanaf 2000 tot 2007 is gemiddeld 31 gevalle per jaar gerapporteer. Byna al die gevalle in die Verenigde State kom voor by ongeïmmuniseerde individue of individue wat hul inentings toegelaat het om te verval.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Atkinson, William (Mei 2012). Tetanus Epidemiology and Prevention of Vaccine-Preventable Diseases (12 uitg.). Public Health Foundation. pp. 291–300. ISBN 9780983263135. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2015. Besoek op 12 Februarie 2015.
  2. 2,0 2,1 "Tetanus Symptoms and Complications". cdc.gov (in Engels). 9 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Februarie 2015.
  3. "Tetanus Causes and Transmission". www.cdc.gov (in Engels). 9 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Februarie 2015.
  4. "Tetanus For Clinicians". cdc.gov (in Engels). 9 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Februarie 2015.
  5. GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (17 Desember 2014). "Global, regional, and national age-sex specific all-cause and cause-specific mortality for 240 causes of death, 1990-2013: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2013". Lancet. 385 (9963): 117–71. doi:10.1016/S0140-6736(14)61682-2. PMC 4340604. PMID 25530442. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)
  6. "Maternal and Neonatal Tetanus Elimination Initiative" (PDF). Pampers UNICEF 2010 campaign: 2. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2014.
  7. Black, RE; Cousens, S; Johnson, HL; Lawn, JE; Rudan, I; Bassani, DG; Jha, P; Campbell, H; Walker, CF; Cibulskis, R; Eisele, T; Liu, L; Mathers, C; Child Health Epidemiology Reference Group of WHO and UNICEF (5 Junie 2010). "Global, regional, and national causes of child mortality in 2008: a systematic analysis". Lancet. 375 (9730): 1969–87. doi:10.1016/S0140-6736(10)60549-1. PMID 20466419.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]