Gaan na inhoud

Mizrachi-Jode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mizrachi-Jode

'n Jemenitiese Jood blaas die Sjofar net voor die begin van Sabbat, 1930's
Totale bevolking: 3,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Midde-Ooste

Vlag van Israel Israel 3 200 000
Vlag van Iran Iran 8 756 (2012)[1]
Vlag van Egipte Egipte 200 (2008)[2]
Vlag van Jemen Jemen 50 (2016)[3]
Vlag van Irak Irak 8 in Bagdad (2008)[4]

  • Irakse Koerdistan 400–730 families (2015)[5]

Vlag van Sirië Sirië >20 (2015)[6]
Vlag van Libanon Libanon <100 (2012)[7]
Vlag van Bahrein Bahrein 37 (2010)[8]
Sentraal- en Suid-Asië
Vlag van Kasakstan Kasakstan 15 000
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 12 000
Vlag van Kirgisië Kirgisië 1 000
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 100
Europa en Eurasië
Vlag van Rusland Rusland <30 000
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 11 000
Vlag van Georgië Georgië 8 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 7 000
Vlag van België België 800
Vlag van Spanje Spanje 701
Vlag van Armenië Armenië 100
Vlag van Turkye Turkye 100
Oos- en Suidoos-Asië
Vlag van Hongkong Hongkong 420[9]
Vlag van Filippyne Filippyne 150
Vlag van Japan Japan 109
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 90
Amerikas
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 250 000
Vlag van Brasilië Brasilië 7 000
Vlag van Kanada Kanada 3 522
Vlag van Argentinië Argentinië 2 000
Oseanië
Vlag van Australië Australië 1 000

Taal: Hedendaags: Hebreeus, Judeo-Arabiese tale, Boekhori, Judeo-Tat

Histories: Plaaslike tale, veral Siries, Aramees, Arabies, Persies, Georgies, Judeo-Aramese tale en Judeo-Malayalam

Geloofsoortuiging: Judaïsme
Verwante etniese groepe: Jode, Asjkenasiese Jode, Bene Israel, Bergjode, Beta Israel, Boerejode en Sefardiese Jode; Arabiere (Palestyne[10][11]) en Assiriërs[11][12]

Mizrachi-Jode (Hebreeus: מזרחי, Mizrachi, letterlik: "oostelik"; מִזְרָחִים, Mizrachim), ook bekend as Edot HaMizrach (עֲדוֹת-הַמִּזְרָח‬; "Gemeenskape van die Ooste"; Hebreeus: ʿEdot(h) Ha(m)Mizraḥ), Bene HaMizrah ("Seuns van die Ooste"), of Oosterse Jode, is afstammelinge van plaaslike Joodse gemeenskappe in die Midde-Ooste van Bybelse tye tot in die moderne era. Hulle sluit afstammelinge van Babiloniese Jode en Bergjode uit die hedendaagse Irak, Sirië, Bahrein, Koeweit, Dagestan, Azerbeidjan, Iran, Oesbekistan, Kaukasus, Koerdistan, Afghanistan, Indië en Pakistan in. Jemenitiese Jode, sowel as Noord-Afrikaanse Jode word soms ook ingesluit, maar hul geskiedenis is afsonderlik van die Babiloniese s'n.

Koerdiese Jode in Rawanduz, Noord-Irak, 1905
Onakkurate verteenwoordiging van beweerde blygebiede van die Joodse diaspora rondom 1490:
Europa:

   Asjkenasiese Jode

   Sefardiese Jode

   Italiaanse Jode (Italkim, Sefaraddim, Asjkenasim en ander groepe)

   Romaniote Jode

   Karaïete-Jode


Afrika:

   Berber-Jode

   Jode van Bilad el-Sudan (Wes-Afrika, Timboektoe)

   Beta Israel


Midde-Ooste/Kaukasus (gewoonlik saam met Mizrachi-Jode gegroepeer):

   Palestynse Jode

   Babiloniese/Irakse Jode

   Koerdiese Jode

   Jemense Jode

   Georgiese Jode

   Bergjode

   Persiese/Buchara-Jode


Indië en China (vir latere tydperke: Bagdadse Jode):

   Bene Israel

   Cochin-Jode

   Kaifeng-Jode

Mizrachi-Jode vorm die tweede grootste en oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2600 jaar.[13] Die eerste gemeentes het met die begin van die Joodse diaspora na die vernietiging van die eerste Tempel van Jerusalem deur Babilonië in 587 v.C. ontstaan.

Die gebruik van die term "Mizrachi" kan ietwat verwarrend wees. Die term Mizrachi word soms toegepas op afstammelinge van Magreb- en Sefardiese Jode, wat in Noord-Afrika gewoon het (Egipte, Libië, Tunisië, Algerië en Marokko), die Sefardiese gemeenskappe van die voormalige Ottomaanse Ryk, en die gemengde Levantynse gemeenskappe van Libanon, Israel en Sirië. Voor die stigting van die Staat Israel het Mizrachi-Jode hulself nie as 'n aparte Joodse subgroep geïdentifiseer nie. In plaas daarvan het Mizrachi-Jode na hulself as Sefardiese Jode verwys, omdat hulle die tradisies van Sefardiese Judaïsme volg (maar met sommige verskille tussen die gebruike van bepaalde gemeenskappe). Dit het gelei tot 'n botsing van terme, veral in Israel en in godsdienstige opsig, met "Sefardies" wat in 'n breë sin gebruik word, insluitende Mizrachi-Jode, Noord-Afrikaanse Jode sowel as Sefardiese Jode. Uit die oogpunt van die amptelike Israeliese rabbinaat val enige rabbyn van Mizrachi-oorsprong in Israel onder die jurisdiksie van die Sefardiese hoofrabbi van Israel.

Soos in 2005 was 61% van die Israeliese Jode van volle of gedeeltelike Mizrachi-afkoms.[14] Van die 3,5 miljoen Mizrachi-Jode wêreldwyd leed sowat 3,2 miljoen in Israel, gevolg deur 250 000 in die Verenigde State. In ander lande leef net 'n kleiner getal van Mizrachi-Jode. Na die stigting van die Staat Israel in 1948 moes sowat 800 000 Mizrachi-Jode uit Arabiese lande soos Egipte, Sirië, Libië en Irak vlug.[15]

Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), word onderskei van Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj), wat afstam van Jode uit Sentraal- en Oos-Europa, en Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino), wat afstam van Jode wat hulle in die Iberiese Skiereiland gevestig het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Jewish woman brutally murdered in Iran over property dispute" (in Engels). The Times of Israel. 28 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 16 Mei 2019.
  2. "Egypt, International Religious Freedom Report 2008" (in Engels). Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor. 19 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2018. Besoek op 16 Mei 2019.
  3. "Some of the last Jews of Yemen brought to Israel in secret mission". The Jerusalem Post (in Engels). 21 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 16 Mei 2019.
  4. (en) Farrell, Stephan (1 Junie 2008). "Baghdad Jews Have Become a Fearful Few". The New York Times. Besoek op 16 Mei 2019.
  5. (en) Sokol, Sam (18 Oktober 2016). "Jew appointed to official position in Iraqi Kurdistan". The Jerusalem Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2018. Besoek op 16 Mei 2019.
  6. J. Prince, Cathryn (12 November 2015). "The stunning tale of the escape of Aleppo's last Jews". The Times of Israel (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019. Besoek op 16 Mei 2019.
  7. "Jews in Islamic Countries: Lebanon". Jewish Virtual Library (in Engels). Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 16 Mei 2019.
  8. Ya'ar, Chana (28 November 2010). "King of Bahrain Appoints Jewish Woman to Parliament". Arutz Sheva (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 16 Mei 2019.
  9. (ko) "통계청 – KOSIS 국가통계포털". Kosis.kr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2017. Besoek op 21 Januarie 2014.
  10. (en) Nebel, Almut; Filon, Dvora; Weiss, Deborah A.; Weale, Michael; Faerman, Marina; Oppenheim, Ariella; Thomas, Mark G. (2000). "High-resolution Y chromosome haplotypes of Israeli and Palestinian Arabs reveal geographic substructure and substantial overlap with haplotypes of Jews" (PDF). Human Genetics. 107 (6): 630–41. doi:10.1007/s004390000426. PMID 11153918. Besoek op 16 Mei 2019.
  11. 11,0 11,1 (en) "Jews Are The Genetic Brothers Of Palestinians, Syrians, And Lebanese". Sciencedaily.com. 9 Mei 2000. Besoek op 16 Mei 2019.
  12. "Reconstruction of Patrilineages and Matrilineages of Samaritans and Other Israeli Populations From Y-Chromosome and Mitochondrial DNA Sequence Variation" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 16 Mei 2019.
  13. Ulrike Schleicher (1 Desember 2014). "Anerkennung – Die anderen Flüchtlinge" (in Duits). Jüdische Allgemeine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2015. Besoek op 16 Mei 2019.
  14. (en) Jews, Arabs, and Arab Jews: The Politics of Identity and Reproduction in Israel, Ducker, Clare Louise, Institute of Social Studies, Den Haag, Nederland.
  15. Gunda Trepp (28 November 2013). "New York – Verschwiegenes Leid" (in Duits). Jüdische Allgemeine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2014. Besoek op 16 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]