Gaan na inhoud

Tetraëtiellood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Tetraëtiellood
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule (CH3CH2)4Pb
Molêre massa 323,44 [g/mol][1]
CAS-nommer 78-00-2 [1]  
Voorkoms Kleurlose vloeistof[1]  
Reuk soeterig[1]
Fasegedrag
Smeltpunt -136 °C[1]
Kookpunt 85 °C @ 20hPa[1]
Digtheid 1,653 [g/cm3 @ 25 °C[1]
Oplosbaarheid onoplosbaar in water (0,29 [mg/L]); oplosbaar in benseen en alkane[2] 
Viskositeit 22,899 [mPa/s] @225K[2] 
Brekingsindeks 1,5198 @ 20°C[2] 
ΔvapHɵ 65,581 [kJ/mol] @139K[2] 
ΔcHɵ -5899,5 [kJ/mol][2] 
Henry se konstante 1,3 10-5 [mol/(m3Pa] 6400 [K][3]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 73 °C [1] 
LD50 14,18 [mg/kg] (rot; oraal)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Tetraëtiellood of tetraëtielplumbaan is 'n molekulêre organiese verbinding van lood met die chemiese formule (CH3CH2)4Pb.

Die molekule bestaan uit 'n sentrale loodatoom met vier (CH3CH2)-etielgroepe.

Die stof is veral bekend omdat dit tientalle jare lank by motorbrandstowwe bygevoeg was om die klopping in die enjin te onderdruk. Dit het egter tot groot skade aan die omgewing gelei en vergiftigingsverskynsele by baie mense. Loodvergiftinging, veral van kinders, lei tot 'n vermindering van die intelligensie en tot 'n neiging tot misdadigheid. In die VSA is dit in 1996 gestaak en as byvoeging is dit veral deur metiel-tersiêre-butieleter vervang.[2]

Vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Dit word vervaardig deur die reaksie van etielchloried met 'n legering van natrium en lood. [2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "Safety data sheet". Sigma.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 "Tetraethyllead (compound)". PubChem NIH.
  3. Sander.