Gaan na inhoud

Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kandidaatartikels vir voorblad: Help vorm die beste van Wikipedia

Hier besluit ons watter artikels op die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia gaan verskyn. 'n Voorbladartikel moet die beste werk op Wikipedia ten toon stel.

Om 'n artikel te nomineer kan dit gewoon bygevoeg word aan die onderkant van hierdie bladsy. Lees asseblief eers die Riglyne vir nominasie voor u 'n artikel nomineer. U kan beïnvloed wat op die voorblad verskyn deur 'n artikel te ondersteun of deur beswaar aan te teken. Persone wat 'n artikel voorstel moet ook bereid wees om te help om besware aan te spreek. As daar geen noemenswaardige besware is nie kan 'n artikel moontlik 'n voorbladartikel word. Die beleid is tans om enige genomineerde bladsy waarvoor daar na 'n maand geen geldige beswaar is nie en wat aan die vereistes voldoen as 'n moontlike voorbladartikel te beskou.

'n Artikel word vir 'n week lank op die voorblad vertoon, vanaf Maandag tot die daaropvolgende Sondag.

Ou suksesvolle nominasies word na die betrokke argief verskuif. 'n Lys van voorbladartikels wat al in hierdie jaar gebruik is, is by Wikipedia:Voorbladartikels 2024 te kry. Daar is ook 'n inleiding tot die voorbladartikelprojek by Wikipedia:Voorbladartikel. Onsuksesvolle nominasies kan besigtig word by Wikipedia:Onsuksesvolle voorbladnominasies/2024.

Opkomende weke

Volgende week

Steven Spielberg (Berlinale 2023)

Steven Allan Spielberg KBE (gebore 18 Desember 1946) is 'n Amerikaanse regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer. Hy is 'n belangrike figuur in die New Hollywood-tydperk en 'n pionier van die moderne supertreffer. Hy is die kommersieel suksesvolste regisseur in die geskiedenis en is al 'n rekordgetal van 13 keer vir 'n Oscar vir beste prent benoem.

Spielberg het talle pryse gewen, insluitende drie Oscars, twee Baftas en vier Directors Guild of America-pryse, sowel as die AFI Life Achievement-prys in 1995, die Kennedysentrum-eerbewys in 2006, die Cecil B. DeMille-prys in 2009 en die Presidensiële Vryheidsmedalje in 2015. Sewe van sy rolprente is deur die Library of Congress in die Nasionale Rolprentregister ingesluit as "kultureel, histories of esteties belangrik".

Spielberg het in Kalifornië in die rolprentwese studeer. Nadat hy verskeie televisie-episodes verfilm het, het hy die TV-fliek Duel (1971) geregisseer. In 1975 het hy beroemd geraak met die supertreffer Jaws. Hy was die regisseur van nog lokettreffers soos Close Encounters of the Third Kind (1977), E.T. the Extra-Terrestrial (1982) en die oorspronklike Indiana Jones-trilogie (1981-'89). Hy het daarna die dramarolprente The Color Purple (1985) en Empire of the Sun (1987) geregisseer.

In 1993 het Spielberg twee treffers geregisseer: die wetenskapsfiksieprent Jurassic Park, die grootste lokettreffer destyds, en die Holocaustdrama Schindler's List, wat dikwels genoem word een van die beste rolprente wat nog gemaak is. Hy het die Oscar vir laasgenoemde en die epiese 1998-rolprent Saving Private Ryan oor die Tweede Wêreldoorlog gewen. Sy rolprente daarna sluit in A.I. Artificial Intelligence (2001), Minority Report (2002) en War of the Worlds (2005); die avontuurprente The Adventures of Tintin (2011) en Ready Player One (2018); die historiese dramas Amistad (1997), Munich (2005), War Horse (2011), Lincoln (2012), Bridge of Spies (2015) en The Post (2017); die musiekprent West Side Story (2021); en die halfoutobiografiese drama The Fabelmans (2022).

...lees verder

Die week daarop

Voorbladartikel nie bepaal nie...
'n Geskikte artikel is nog nie vir week 30 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.
Argief
2005 2006 2007
2008 2009 2010
2011 2012 2013
2014 2015 2016
2017 2018 2019
2020 2021 2022
2023 2024 2025
Hoe word 'n argief aangelê?

Hier kan u gerus voorstelle maak vir moontlike voorbladartikels, of ondersteuning of beswaar lewer oor huidige nominasies. Dit is behulpsaam om u nominasies, besware en ondersteuning van kommentaar te voorsien wat betrekking op die artikel se inhoud het. Indien u gekant is teen 'n artikel se nominasie kan dit help om te sê waarom, so kan probleme aangespreek word en u mag u teenkanting na ondersteuning verander. So ook kan redes vir 'n nominasie ander gebruikers help om die goeie punte van 'n artikel raak te sien.

U is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

Wenk
Om die vervoerband vir 2024 te besigtig, klik hier.

Nuwe voorstelle[wysig bron]

Pterosauria[wysig bron]

Sperdatum:
8 Junie 2024

Diabetes[wysig bron]

Sperdatum:
23 Junie 2024

Vlag van Georgië[wysig bron]

Sperdatum:
29 Junie 2024

Vlag van Suid-Korea[wysig bron]

Sperdatum:
29 Junie 2024

Bloedlaster[wysig bron]

Sperdatum:
30 Junie 2024

Jura[wysig bron]

Sperdatum:
30 Junie 2024

Tiglat-Pileser III[wysig bron]

Sperdatum:
14 Julie 2024

Fietsryrewolusie[wysig bron]

Sperdatum:
17 Julie 2024

Androginie[wysig bron]

Sperdatum:
19 Julie 2024

Planetêre bewoonbaarheid[wysig bron]

Sperdatum:
19 Julie 2024

Islamitiese seksualiteitswette[wysig bron]

Sperdatum:
19 Julie 2024

Pieter I van Rusland[wysig bron]

Sperdatum:
26 Julie 2024

T20I-wêreldbeker 2024[wysig bron]

Sperdatum:
30 Julie 2024

Vlag van Nederland[wysig bron]

Sperdatum:
30 Julie 2024