Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Mei
Voorkoms
25 Mei: Afrikadag (1963); Herdenking van die Eerste Nasionale Regering in Argentinië (1810); Onafhanklikheidsdag in Jordanië (1946).
![Vlag van die Republiek van Formosa](http://178.128.105.246/host-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/93/Flag_of_Formosa_1895.svg/125px-Flag_of_Formosa_1895.svg.png)
- 1810 – Tydens die Mei-rewolusie sit die burgers van Buenos Aires die Spaanse onderkoning af en verklaar die eerste onafhanklike plaaslike regering in Argentinië.
- 1895 – Die Republiek van Formosa word in Taiwan gestig en sy onafhanklikheid van Qing-China verklaar.
- 1961 – Die Apollo-program word aangekondig, met as doelwit om 'n "mens op die maan te laat land en veilig terug te bring Aarde toe".
- 1967 – Oorlede: Johannes Itten, Switserse skilder, kunsteoretikus en kunsonderwyser wat met die Bauhaus in Weimar, Duitsland, geassosieer word.
- 1995 – Die derde Rugbywêreldbekertoernooi skop in Suid-Afrika af.