Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- klik
- Kort, sagte klapgeluid.
- (rekenaarwetenskap) Keuse op 'n rekenaar gemaak deur êrens te druk (muis of raakskerm).
- (taalkunde) 'n Nie-pulmonale medeklinker gemaak deur 'n dubbele afsluiting met die tong of die lippe te maak, 'n lae druk te veroorsaak en die afsluiting los te trek.
- Druk die knoppie tot jy 'n klik hoor.
- Die klik het al my data uitgewis.
- In Xhosa is daar drie klikke wat as c, x en q geskryf word, waarvan elk in ses variante uitgespreek kan word.
- 'n Geheim oorvertel; iemand verraai.
- 'n Kort, sagte klapgeluid maak.
- (rekenaarwetenskap) Rekenaarmuis se knoppie druk of op 'n rekenaarskerm druk om 'n keuse uit te oefen.
- Kan ons jou vertrou of gaan jy op ons klik?
- Moenie so met jou tong klik nie.
- Klik op die groen knoppie. Die webblad bied een-klik-toegang tot die inligting wat u benodig.